|
Opsomming
Hierdie tweedelige artikel verken die Suid-Afrikaanse filosoof Martin (Marthinus) Versfeld (1909–1995) se interpretasie (aangedui as ideëhistories in oriëntasie) en toepassing (getipeer as modernkrities) van spesifiek Middeleeuse filosofie gedurende sy ononderbroke loopbaan as dosent en professor in filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) van 1937 tot 1972. Sowel Versfeld se publikasies as die ongepubliseerde dokumente wat met Middeleeuse filosofie saamhang, soos geargiveer in die Martin Versfeld Argief by die JW Jagger Biblioteek van UK, word in die ondersoek verreken. Die ontleding staan in kritiese verlengstuk van ’n onlangse inleiding tot en oorsig van Versfeld se intellektuele nalatenskap – ook die eerste volwaardige Versfeld-monografie – deur die Leuvense filosoof Ernst Wolff (Martin Versfeld: A South African philosopher in dark times, 2021). Versfeld, wat die eerste Suid-Afrikaanse filosofiedosent was wat Middeleeuse filosofie konsekwent en samehangend by sy voorgraadse leerplanne en nagraadse studieleiding ingesluit het, se gepubliseerde tekste en ongepubliseerde manuskripte, tikkopieë en notas oor Middeleeuse filosofie word aan die hand van vyf kriteria geëvalueer. Die ondersoek bevind dat alhoewel Versfeld se werk in talle ander filosofiese dissiplines op regverdigbare gronde as oorspronklik beskou sou kon word, dit nie sonder meer geld vir sy interpretasie van die Middeleeuse ideëgeskiedenis nie. Versfeld se verkenning van die filosofiese Middeleeue was naamlik beperk tot die nalatenskappe van slegs enkele hoofstroom Middeleeuse denkers (Augustinus en Aquinas in die besonder) en ’n beperkte aantal temas (veral Middeleeuse etiek, politieke filosofie daarby ingesluit) en getuig van ’n konvensionele en voorspelbare benadering tot die studie en interpretasie van Middeleeuse filosofie. Versfeld het Middeleeuse filosofie wél oorspronklik toegepas en effektief gebruik in sy moderniteitskritiek deur kontemporêre filosofie met onverwagse diskursiewe grepe vanuit die Middeleeue “teen die grein” te lees – maar hy het die Middeleeuse denkers sélf nie met argumentatiewe oorspronklikheid herlees nie. Hoewel hy wel enkele spesialisuitsette gelewer het (oor Augustinus in die besonder), was Versfeld se bydrae ten opsigte van Middeleeuse filosofie nie gespesialiseerde navorsing nie, maar die belese toepassing en onderrig daarvan. Sy grootste bydrae tot die plaaslike ontwikkeling van die deeldissipline was daarom dat hy met toewyding, en juis in die afwesigheid van ’n noemenswaardige netwerk van Suid-Afrikaanse gespreksgenote in die betrokke veld, vir die noodsaaklikheid van die insluiting van die Middeleeuse ideëgeskiedenis in eietydse filosofiese besinning en die akademiese onderrig van filosofie betoog het.
Trefwoorde: Augustinus van Hippo (354–430); Ernst Wolff; Herman Jean de Vleeschauwer (1899–1986); Kobus Krüger; Martin (Marthinus) Versfeld (1909–1995); Middeleeuse filosofie; Paul van Tongeren; Ruth Versfeld; Thomas Aquinas (1225–1274); Universiteit van Kaapstad
Abstract
Martin Versfeld’s (1909–1995) interpretation and application of medieval philosophy at the University of Cape Town (1937–1972) – Part 1
This two-part article explores South African philosopher Martin (Marthinus) Versfeld’s (1909–1995) interpretation (shown to belong within the discipline of the history of ideas) and application (indicated as modern-critical) of medieval philosophy during his uninterrupted career as a lecturer and professor of philosophy at the University of Cape Town (UCT) from 1937 to 1972. The study is done with reference to Versfeld’s publications as well as his unpublished manuscripts, typescripts and notes relating to medieval philosophy, as filed in the Martin Versfeld Archive at the JW Jagger Library at UCT. This evaluation is the first of its kind in the developing Versfeld scholarship and takes place against the backdrop of a recent and extensive overview of Versfeld’s intellectual legacy and the first monograph on the Capetonian by Leuven philosopher Ernst Wolff (Martin Versfeld: A South African philosopher in dark times, 2021). Importantly, Versfeld was the first South African university lecturer who expressly and consistently included medieval philosophy in his undergraduate curriculum and postgraduate supervision in philosophy. Five criteria are used to assess Versfeld’s engagement of medieval philosophy. These involve 1) an evaluation of his specialised outputs in the field, 2) his dating and internal periodisation of medieval intellectual history, 3) his engagement of the “canon” of medieval philosophy and subsequent willingness to engage the lesser known and completely unknown thinkers from the epoch, 4) his orientation towards the medieval Orient, especially with regard to the Arabic and Jewish thinkers, thereby advancing a single register in the field (instead of maintaining the traditionalist division between the Latin West and Arabic East), and 5) his treatment of the rigid separation of the scholastic and mystical trajectories in the central and later Middle Ages, including the reception of the female thinkers from those periods. By analysing his writings on medieval philosophy for the period 1937 to 1972 according to these criteria it is shown that although Versfeld’s work in several other philosophical disciplines could on justifiable grounds be considered profoundly original, this is not the case regarding his interpretation of the intellectual Middle Ages. On the one hand Versfeld’s exploration of medieval philosophy was determined by a conventional reception of the legacies of only a few mainstream medieval thinkers (Augustine and Aquinas in particular) and a limited selection of themes (notably medieval ethics, including political philosophy), reflecting a somewhat predictable approach to its study and interpretation. On the other hand, Versfeld consistently and efficiently applied medieval philosophy in his unique critique of modernity by employing unexpected or “against the grain” impulses from the Middle Ages – although he did not interpret the medieval thinkers (and their standardised reception in modern medieval scholarship) themselves, accordingly, with a distinctive approach. Versfeld was, in this sense, an erudite commentator and highly competent lecturer, rather than a specialist researcher, of medieval philosophy. His main contribution to medieval philosophy scholarship in the mid-20th century South African context was that, in the absence of any noteworthy South African network relating to the philosophical Middle Ages, he committed to the inclusion of medieval philosophy in academic tuition and utilised it as a discursive conductor in contemporary philosophy’s modern-critical reflections.
Keywords: Augustine of Hippo (354–430); Ernst Wolff; Herman Jean de Vleeschauwer (1899–1986); Kobus Krüger; Martin (Marthinus) Versfeld (1909–1995); medieval philosophy; Paul van Tongeren; Ruth Versfeld; Thomas Aquinas (1225–1274); University of Cape Town
1. Navorsingsmotivering
Hierdie is die eerste van twee1 kronologiese artikels wat handel oor die enigste twee filosofiedosente in Suid-Afrika wat Middeleeuse filosofie gedurende die middeldekades van die 20ste eeu sistematies en konsekwent by hulle voorgraadse leergange en nagraadse studieleiding ingesluit het, te wete Martin Versfeld (1909–1995) in die periode 1937 tot 1972 aan die Universiteit van Kaapstad (UK), en Herman Jean de Vleeschauwer (1899–1986) in die periode 1951 tot 1964 aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Dit is juis op grond van die konsekwente insluiting van die Middeleeuse korpus in hulle filosofiese arbeid en onderrig dat die twee leerkragte as uniek in die Suid-Afrikaanse2 geesteswetenskaplike landskap uitstaan. Geen akademies-toeligtende werk is egter tot op datum oor Versfeld en De Vleeschauwer se nalatenskap in Middeleeuse filosofie as sodanig gedoen nie. Daarom verdien hulle toepaslike werke ’n eietydse vakkundige bestekopname.3
Daar kan moontlik meer in plaaslike geesteswetenskaplike tradisies4 gedoen word om ons voorgangers se erfenisse te herwaardeer. Hierdie herbesoek aan Versfeld en De Vleeschauwer se nagelate tekste gaan daarom oor meer as die bevordering van ’n parogiale vakbelang – eerder oor die bestendiging van, na Umberto Eco5 se tipering, ’n “immunologiese voorsorg”. Die gerekende godsdiensfilosoof Kobus (J.S.) Krüger verwoord dié voorsorgtreffend: “In ’n tyd van groot heroriëntering in die Afrikaanse kulturele en akademiese milieu behoort die verbinding van hierdie kultuur met die groot Europese tradisie, waarvan die Middeleeue ’n monumentale manifestasie was, opnuut ondersoek te word. Die twee figure wat hier ondersoek word, het pionierswerk in hierdie verband gedoen, en verdien die aandag wat hiermee aan hulle gegee word.”6
2. Aanloop
Die oogmerk van hierdie tweedelige artikel is dus om Martin (oorspronklik Marthinus) Versfeld (11 Augustus 1909 – 18 April 1995) se interpretasie en toepassing van spesifiek Middeleeuse filosofie gedurende sy ononderbroke loopbaan as dosent en professor in filosofie aan UK vanaf 1937 tot 1972 te ondersoek. Die verkenning vind regstreeks aansluiting by ’n eerste Versfeld-monografie in hierdie ontluikende navorsingsveld, aangebied deur Ernst Wolff van KU Leuven,7 getitel Martin Versfeld: a South African philosopher in dark times en in 2021 met oop toegang deur Leuven University Press uitgegee. Aanvullende bydraes in hierdie belangrike werk word deur die huidige Nederlandse Denker des Vaderlands en bekroonde Nietzsche-spesialis Paul van Tongeren,8 Kobus Krüger9 en die skrywers Antjie Krog en Marlene van Niekerk gelewer. Versfeld se dogter, Ruth Versfeld, verskaf daarby ’n insiggewende biografiese oorsig van die sonderling eenvoudige lewenshouding van ’n komplekse mens en outentieke Suid-Afrikaanse denker.10
Met hierdie monografie11 voer Wolff sy lang verbintenis met Versfeld se oeuvre tot ’n boeiende hoogtepunt.12Hy verken deur die loop van ses hoofafdelings13 die veelkantigheid van Versfeld se filosofiese uitset, wat wissel van onder meer sy hervertolking van antieke en laat-antieke Westerse filosofie, die insluiting van “Oosterse” filosofiese elemente in sy moderniteitskritiek en sy tydige aanvoeling vir die ontwikkeling van ’n ekosensitiewe tegniekfilosofie. Ook die intellektuele bestendiging van Versfeld se eties-politieke verset teen apartheid geniet grondig aandag as (na Versfeld se raak tipering) ’n vorm van rasgeoriënteerde kapitalisme wat gepoog het om sigself binne die ingrypende industriële en tegnologiese kontekste van die 20ste eeu met ’n bedenklike beroep op Skrifgesag te legitimeer.14 Die een aspek van Versfeld se nalatenskap wat egter nie sistematies as ’n afsonderlike afdeling aan bod gebring is in Wolff se reeds omvangryke werk nie, is die wyse waarop Versfeld Middeleeuse filosofie binne die groter Westerse ideëgeskiedenis geposisioneer het en binne die modernkritiese (en dus selfkritiese) stemming in filosofie in die tweede helfte van die 20ste eeu toegepas het.15 Inderdaad is kritiese herwaarderings die enigste wyse waarop Versfeld as ’n eietydse gespreksgenoot digby gehou kan word16 – in hierdie geval, vanuit ’n mediëvalistieke17 ontleding van sy tersaaklike tekste.
Versfeld was die eerste Suid-Afrikaanse filosofiedosent wat minstens dele van die enorme Middeleeuse korpus by sy voorgraadse leerplanne en nagraadse studieleiding ingesluit het – in sy geval, van 1937 tot 1972 by UK.18 Die algemene verbygaan van die Middeleeue in filosofieleergange by die histories Afrikaanse universiteite19 in die 20ste eeu is ’n unieke en komplekse verskynsel. Dit het nie elders voorgekom waar die Protestantse tradisie in ’n oorheersende20 posisie gestel was nie, onder meer in Noord-Duitsland, Denemarke, Nederland, Vlaandere en Skotland. (Versfeld se eerste blootstelling aan Middeleeuse filosofie, veral aan die erfenis van die Dominikaan Thomas Aquinas (1225–1274), was juis by die Universiteit van Glasgow, waar hy in 1933 onder die gedugte Archibald (A.A.) Bowman21 gepromoveer het.)22 Trouens, Middeleeuse filosofie maak histories en steeds grondig deel uit van die voorgraadse leerplanne by Nederlandse en Belgiese universiteite (in besonder by RU Groningen, Leiden, Maastricht, Radboud Nijmegen, Utrecht, VU Amsterdam, KU Leuven, Gent en Antwerpen), terwyl die geleentheid tot nagraadse studieleiding en spesialisasie in Middeleeuse filosofie by al hierdie universiteite bestaan. Waarom was (en is) dit nie die geval in Suid-Afrika nie, gegewe die diepgaande historiese en akademiese verbintenisse tussen Suid-Afrika en die Lae Lande? Is dit omdat die Katolieke tradisie in Nederland en België fermer opweeg teen Protestantse belange? Sou die kenmerkende uitsluiting van Middeleeuse filosofie by die histories Afrikaanse universiteite dan ánders verklaar kon word as dat daar ’n subtiele invloed vanuit hierdie universiteite se Protestantse teologiefakulteite op die leerplanne in filosofie uitgegaan het?23 Vanuit die robuuste Calvinisme24waarin die drie histories Nederduitse kerke destyds gebed was, met die Venn-diagram van kerk en staat en ’n soms ortodokse konfessionalisme daaraan grondliggend, met daarby geen noemenswaardige Katolieke teenbelang nie, is Middeleeuse filosofie kennelik as wegdoenbaar beskou. Dít het Versfeld (1991:17) reguit “a crime against philosophy perpetrated in many South African universities” genoem.
Hoewel tot ’n aanduibaar mindere mate as by die HAU’s, is onderrig in Middeleeuse filosofie ook by die plaaslike Engelse25 en dubbelmedium universiteite onderbeklemtoon. Dít sou moontlik verklaar kon word met verwysing na die prioritisering van analitiese filosofie (na die Oxford-Cambridge-model) by hierdie universiteite, sonder dat die kontinentale tradisie en die historiese dissiplines daarmee algeheel agterweë gelaat is. Dit is gevolglik duidelik dat Middeleeuse filosofie konsekwent en samehangend gedurende die middel- en latere dekades van die 20ste eeu by slegs twee (destyds tweetalige) universiteite – naamlik UK en Unisa26 – gedoseer is en uitdruklik ook in die nagraadse studieleiding gefigureer het. Die volgehoue dosering van Middeleeuse filosofie by hierdie twee universiteite sou op geen ander wyse verklaar kon word nie as met verwysing na die individuele bemoeienis en toewyding van twee dosente wat akademies in staat was om dit van stapel te kón stuur, naamlik Versfeld en sy tydgenoot De Vleeschauwer by Unisa.
3. Vyf kriteria vir die beoordeling van Versfeld se interpretasie van Middeleeuse filosofie
Die gespesialiseerde internasionale navorsing in Middeleeuse filosofie het sedert die vroeë 1970’s met verhoogde tempo ontwikkel, dus juis vanaf die tyd rondom Versfeld se emeritaat in 1972. Die vyf kriteria wat hier bespreek word en in deel 2 van hierdie artikel gebruik word om Versfeld se tersaaklike tekste te evalueer, is die produk van ontwikkelinge in die internasionale navorsing oor ongeveer hierdie afgelope vyf dekades (1970–2022). Niks verhoed egter die geldigheid van die gebruik van hierdie kriteria vir die beoordeling van tekste of oeuvres wat hierdie ontwikkelinge voorafgegaan het nie. Die kriteria is juis besonder toepaslik en waardevol om navorsers van die dekades vóór die 1970’s se kritiese intuïsies aan te dui – met ander woorde, dat aangestip kan word dat daar vakkundiges was wat hierdie stroomversnellings in die navorsing voorsien het. Die kriteria self is onlangs opgestel27 vir kritiese bestekopnames van spesialisuitsette in Middeleeuse filosofie,28 en is die resultaat van die tersaaklike spesialisnavorsing oor die afgelope paar dekades in elkeen van die segmente wat deur die vyf kriteria ondervang word.
3.1 Die lewering van spesialisuitsette
Met “spesialisuitsette” word bedoel sinteties-oorspronklike werk in een of meer van die vyf rubrieke in die inhoudsopgawe van Middeleeuse filosofie (kosmologie, epistemologie, metafisika, psigologie en etiek, waarby politieke filosofie ingesluit is), waarvoor daar per definisie geen presedent in die navorsing bestaan nie. Dit sluit in: 1) vertalings en redigerings van manuskripte29 in een of meer moderne tale (grootliks vanuit Latyn, maar ook uit Arabies, Hebreeus en die Middeleeuse Europese volkstale, byvoorbeeld vanuit Middelhoogduits na moderne Duits); 2) motiefnavorsing;30 3) trajeknavorsing;31 4) die terminologiese verruiming van die Middeleeuse vakregister;32 en 5) ontledings van maatskaplike33 en politieke34 vraagstukke in die Middeleeuse kultuur- en ideëgeskiedenis. As nommer 6) sou die kritiese bevordering van die sogenaamde toepaslikheid van die ideëhistoriese deeldissiplines binne die korporatiewe universiteitswese ook by hierdie kriterium ingesluit kon word. Die tegnisering van kennis tot oorwegend instrumentele vaardigheidsontwikkeling, met voorrangstelling aan die meganiese dissiplines, het die uitstaande kenmerk van die laatmoderne universiteit geword. Die mees ongelukkige gevolg hiervan is dat die ideëhistoriese deeldissiplines toenemend as “ontoepaslik” geag word en institusioneel met die rug teen die muur te staan gekom het.35 Antieke filosofie, laat-antieke filosofie, Middeleeuse filosofie en Renaissance-filosofie word wêreldwyd op beduidende skaal uit voorgraadse leerplanne geweer, terwyl analitiese filosofie en wetenskapsfilosofie toenemend groter aandag ontvang. In ’n unieke oorvleueling van die kontinentale en analitiese tradisies het die jong dissipline tegniekfilosofie, veral in die verhouding daarvan met hermeneutiek, oor die afgelope twee dekades merkwaardig vinnig ontwikkel. Binne hierdie konteks veg die dissipline ideëgeskiedenis en sy deeldissiplines vandag om oorlewing.36 Hierdie deeldissiplines staan daarom voor die uitdaging om die inderdáád toepaslikheid daarvan saaklik te verdedig sonder om dit (verder) van hoofstroomontwikkelinge in die vak filosofie te vervreem. ’n Middeleeue spesialisnavorser sou op grond van die voldoening aan bogenoemde ses fasette van hierdie eerste kriterium in staat wees tot gesofistikeerde debat oor gedetailleerde vraagstukke binne en aansluitend by die dissipline ideëgeskiedenis en werk kon lewer wat sinteties bo die Middeleeuse bronne as sodanig uitstyg.
3.2 ’n Genuanseerde datering en interne periodisering van Middeleeuse filosofie
In Middeleeuse filosofie word hierdie bykans duisend jaar lange periode tradisioneel rofweg vanaf die vyfde tot die 15de eeue aangedui. Dit het oor die afgelope dekades egter toenemend belangrik geword om die Middeleeuse ideëgeskiedenis met groter presisie te dateer en intern te periodiseer en om meer uitdruklik aan te dui presies wátter denkers by die Middeleeuse korpus ingesluit en daarvan uitgesluit behoort te word. Die vraag is, anders gestel, watter denkers wat op die grense van die historiese spektrum staan (met Neoplatonisme patristies-links en die Italiaanse Renaissance modern-regs), in die Middeleeuse korpus hoort. Omdat die oorgang van Neoplatonisme en die laat patristiek ná die Middeleeue sig in stadige en bykans onsigbare fases voltrek het, word die epog soms so ver terug gedateer as die Neoplatoniste Plotinus (ca. 204–270) en Porphyreus (ca. 234 – ca. 305), terwyl dit soms weer ingrypend vorentoe gedateer word, tot so laat as met die aanvang van die Karolingiese Renaissance (ca. 742), maar minstens as eers vanaf Boethius (ca. 477–524),37 wat Augustinus van Hippo (354–430) dan uit die Middeleeuse korpus uitsluit.38 Augustinus is dié sleutelfiguur in hierdie periodiseringsvraag, want dit is sý posisie in die Middeleeuse ensiklopedie wat altyd in dispuut sal wees, synde óf die laaste kerkvader, óf die eerste Middeleeuse denker, of dalk wel die wesenlike skarnierfilosoof tussen die laat-antieke periode, die laat patristiek en die Middeleeue. Dieselfde geld vir die afsluiting van die Middeleeuse korpus en die oorgang na die Italiaanse Renaissance: Indien Nikolaus van Kusa (1401–1464), na Étienne Gilson (1940:404) se beroemde tiperings, as die “laaste Middeleeuse en eerste Renaissance-filosoof” en “poortwagter van die moderne” aangebied word, is dit ’n kronologiese keuse wat in die afwesigheid van ’n selfstandige datering en periodisering altyd weer van voor af verantwoord sal moet word. ’n Kenmerk van gesofistikeerde lesings van Middeleeuse filosofie is daarom dat hierdie magtige periode versigtig gedateer en intern geperiodiseer word sodat ons nie verstrik raak in die weglating van sommige denkers wat binne die korpus hoort en die insluiting van denkers wat nié daar hoort nie. Dit geld veral vir die insluiting, ten regte, van Augustinus (juis Versfeld se voorkeurdenker uit die vroeë Middeleeue) en die uitsluiting van denkers wat eerder tot Renaissance-filosofie39 behoort.
3.3 Die kritiese verrekening van die “kanon” in Middeleeuse filosofie
Sommige filosowe in Middeleeuse filosofie is reeds oor eeue heen buitengewoon deeglik gekommentarieer; dit sluit onder andere Augustinus en Boethius, die latere Anselmus (1033–1109), vermelde Abelardus, Albertus Magnus (ca. 1200–1280), Bonaventura (1217–1274), vermelde Aquinas, Johannes Duns Skotus (ca. 1266–1308) en Willem van Ockham (ca. 1285–1349) in, en uit die Arabies-Joodse kringe Ibn Sina (verlatyns Avicenna, Anno Hegirae [AH] 370–AH428/980–1037), Ibn Rushd (Averroes, ca. AH520–AH595 / ca. 1126–1198), Ibn Gabirol (Avicebron, 1021–1058) en Moses Maimonides (1138–1204).40 Hierdie Middeleeuse filosowe beskik oor ’n sekondêre literatuur wat in ’n verskeidenheid van tale algeheel onoorsigtelik geword het. Hulle vorm gevolglik ’n resepsiebevooroordeelde “kanon” van Middeleeuse filosofie wat eietyds oopgebuig en verruim behoort te word deur die bekendstelling van minderbekende en trouens onbekende denkers uit dié omvangryke periode. Dat sommige filosowe meer gevolgryk en invloedryk as ander was, is natuurlik waar, maar geen Middeleeuse filosoof het in isolasie presteer nie. Dit was juis die ideëhistoriese konteks, bemiddel deur ánder filosowe, voorafgaande en tydgenootlik tot ’n spesifieke denker, wat daardie denker in staat gestel het om wel ’n prestige-uitset te kon lewer – en dit geld juis ook vir hierdie “gekanoniseerde” figure. Navorsing in Middeleeuse filosofie behoort daarom logieserwys toenemend in dieondergepubliseerde en onderbeskrewe denkers te vestig – en daar is vele sodanige eenkantfigure indien ’n ondersoeker bereid is om die argiewe werklik met erns te neem. Die vraag sou dus wees of ’n eietydse skrywer by slegs hierdie “gekanoniseerde” of “hoofstroom” Middeleeuse denkers hou, en of minderbekende en onbekende denkers wel aan bod gebring word ten einde die kanon te verruim.41 Die bedoeling sou nie moes wees om die geykte ideëhistoriese sperstrepe van die kanon te ontken nie, maar om dit met stippellyne te versag – om die deeldissipline daarmee van navorsingsaansporings en vars diskursiewe geleiers te voorsien. Indien dit nié gebeur nie, sal dieselfde min of meer 30 “gekanoniseerde” denkers die Middeleeuse denkwêrelde bly artikuleer – ten onregte, gegewe die digtheid en omvang van hierdie millennium lange epog. Anders gestel: Middeleeuse filosofie gaan oor veel meer as wat denkers soos Augustinus, Boethius, Abelardus, Anselmus, Aquinas, Bonaventura, Duns Skotus en Ockham vermag het. ’n Eietydse leser van Middeleeuse filosofietekste wat dít insien, het reeds ver gevorder.
3.4 Die bevordering van ’n enkelregister tussen die tradisionele “Oosterse” (Arabies-Joodse) en Latyns-Westerse registers
Middeleeuse filosofie is as ’n aanbod vanuit die ideëgeskiedenis net soveel aan die Arabiese (en dus Joodse – sien eindnota 40) denkers en hulle tydgenootlike erfenisse verskuldig as aan die gekanoniseerde (maar dan ook die niegekanoniseerde) denkers uit die Latynse Weste. Die direkte bydrae wat die Arabiese filosowe tot die herwinning, vertaling en herlesing van Neoplatonisme en Aristoteliese filosofie in die besonder gemaak het, noodsaak die erkenning van die belang van die filosofiese tradisie(s) van Middeleeuse Islam binne eietydse interpretasies van Middeleeuse filosofie. Die beskikbaarstelling van die Hellenistiese erfenis, veral met betrekking tot die Aristoteliese tekste, is nie gedurende die Karolingiese Renaissance (ca. 742 – ca. 877) in Latyn ondervang nie, maar het via die Arabiese kringe en denkers soos Alkindi (d. ca. AH256/870), Abu Ma’shar (Albumasar, d. AH272/886), Alrazi (d. ca. AH313/925), Alfarabi (d. ca. AH339/950) en later ook bovermelde Ibn Sina, Ibn Gabirol, Algazali (AH450–AH505/1058–1111), Ibn Bajja (Avempace, d. AH533/1139) en Ibn Rushd, vanaf die laat negende eeu – dus in Arabies – na die Westerse denkers van die tiende 1eeu en daarna deurgesypel. Latynse vertalings van die Griekse tekste, veral dié van Aristoteles, was in die hoogskolastiek van die 13de eeu feitlik sonder uitsondering aangewese op die Arabiese vertalings van die Griekse tekste. Dit het die afgelope dekades teen hierdie agtergrond toenemend problematies geword om die tradisionele (en verskuild Oriëntalistiese)42 weg te volg op grond waarvan hierdie Arabiese denkers prinsipieel in die dissipline “filosofie van Islam” byeengebring word, terwyl die register van Middeleeuse filosofie dan, op enkele uitsonderinge na (veral ten opsigte van Ibn Sina en Ibn Rushd), uit die Latyns-Westerse denkers saamgestel word. Dat die gespesialiseerde eksegese van die “Oosterse” denkers se tekste oorwegend tot die linguistiek van daardie Arabies-magtige dissipline behoort, is nie te betwyfel nie. Tog behoort hierdie “Oosterse” denkers ook meer oorsigtelik en minder gespesialiseerd in die onderrig en toepassing van Middeleeuse filosofie te dien as wat histories die geval was en steeds is. Die register van Middeleeuse filosofie behoort gevolglik méér moeite te doen om die Arabiese denkers, wat dus wel gespesialiseerd in Islamitiese nisruimtes43 nagevors word, toeganklik in lesings van Middeleeuse filosofie bekend te stel. Daarsonder word die vakregister ernstig ingeperk en staan die eietydse diskursiewe integriteit daarvan trouens onder verdenking. Meer onlangse ontledings het wel begin om hierdie insluitende sentiment te eerbiedig44 en mee te werk tot die verryking van beide registers, met die versugting dat die Westerse en “Oosterse” registers uiteindelik spontaan as onlosmaaklik van mekaar ontvang sal word, met ander woorde, met die oog op net één vakregister in Middeleeuse filosofie. Wanneer ’n eietydse lesing van die Middeleeuse ideëgeskiedenis tot so ’n enkelregister meewerk deur die “Oosterse” denkers na intrinsiek selfstandige waarde te skat, dui dit op ’n wesenlike bydrae tot die ontwikkeling van die deeldissipline.
3.5 Die deurkruising van die rigiede skeiding van die skolastieke en die mistieke trajekte in die sentrale en latere Middeleeue
Dit het die afgelope dekades ook toenemend belangrik geword om ’n diepgevestigde skeiding in die Middeleeuse ideëgeskiedenis te deurkruis, naamlik dié tussen die skolastieke en die mistieke trajekte. Die onderskeid tussen skolastiek en mistiek is geldig – die rigiede skeiding daarvan egter nié – soos reeds in die 14de eeu betoog deur die vader van die Nederlandse mistiek, Jan van Ruusbroec (1293–1381).45 Waar die skolastieke trajek op óf die Platonies-Augustynse óf die Aristotelies-Arabiese spoor vanaf die vroeë na die sentrale na die latere Middeleeue ontwikkel het, het die mistieke trajek hom in progressiewe fases voltrek vanaf vierde-eeuse Neoplatonisme, na die apofatiese en emanasiegedrewe teologie van die Siriër Pseudo-Dionisius (ca. 500),46 na sy Bisantynse opvolger Maximus Confessor (580–662) se sintetiese Christologie,47 na die negatiewe en uiteindelik veroordeelde teologie van Johannes Skotus Eriugena (815–877),48 na die ervaringsgedrewe epistemologie van die Victoriaan Richard van St Viktor (d. 1173),49 en uiteindelik na die mistieke denkers van die sentrale en latere Middeleeue, onder wie talle vroulike50 filosoof-teoloë en manlike mistieke denkers soos die Dominikaanse strydros Meister Eckhart (1260–1328) en die nóg latere Ruusbroec self. Belangrik is dat gespesialiseerde ontledings van die mistieke trajek eers oor die afgelope vier dekades werklik momentum gekry het, omdat juis feministiese51 lesings wesenlike bydraes tot die ontledings van die primêre tekste van die vroulike denkers uit die Middeleeue begin lewer het. Die kenmerkende hoogskolastiese interpretasie van mistiek as afwykend en subversief Dionisies – wat direk aanleiding tot die rigiede skeiding van die skolastieke en mistieke trajekte gedurende die sentrale Middeleeue gegee het – word selfs nog in die latere Middeleeue duidelik geïllustreer in die pogings van die kanselier van die Universiteit van Parys, Johannes Gersonius (1363–1429), om Die geestelike brulocht van Ruusbroec as kettery verklaar te kry. Gersonius het uiteindelik nie daarin geslaag nie, maar het nietemin ’n stempel op ander hoogskolastici se opvatting van die Dionisiese spoor as ondermynend en kettery geplaas.52 Die Middeleeuse mistieke denkers wou egter juis nooit konvensioneel skolasties vertolk of dogmaties verstaan word nie. Daarom het die inhoud en aansprake van talle mistieke tekste vanaf die vroegste sirkulasies daarvan in die 12de en 13de eeu tot ernstige meningsverskille onder die hoogskolastici van die laat 13de tot die middel van die 14de eeu gelei. Sommige hoogskolastici het hierdie tekste wel vertolk as sou dit ’n logiese hoewel radikale ontwikkeling van Dionisius se apofatiese teologie aangebied het – alhoewel die Corpus Dionysiacum nie noodwendig voldoen het aan die stelreëls van 14de-eeuse Christelike dogma nie, het dit dus ook nie sonder meer ’n afwyking van die Christelike tradisie verteenwoordig nie. Die meerderheid hoogskolastici het hierdie mistieke ontwikkelinge egter vertolk as ’n aanbod vanuit die Dionisiese tradisie om God wél “anderkant” elke (skolasties-dogmatiese) negasie en bevestiging te wil ken en het dit daarom as sektaries beskou. Hierdie karikatuuragtige kenmerking van die unieke filosofies-teologiese trajek van die mistiek – wat nie minder teologies of filosofies was as die skolastiek self nie – het tot ’n diepe historiese versteurdheid en hermeneutiese wanbalans in die interpretasie van die Middeleeuse ideëgeskiedenis aanleiding gegee, asof alle standhoudende uitsette gedurende die 12de tot die 15de eeu beperk sou moes word tot die skolastiek en die resultate van skolastieknavorsing. Wanneer ’n eietydse lesing in verset teen hierdie karikaturisering blyke gee van die (h)erkenning van die wesenlike rol wat andertalige en ervaringsgedrewe mistieke tekste in die sentrale en latere Middeleeuse diskoers gespeel het, en daarmee poog om hierdie tradisionalistiese skeiding van skolastiek en mistiek daadwerklik te oorbrug, dra so ’n lesing by tot die algemene bestendiging van ’n niepolemiese ewewig en historiese genuanseerdheid in eietydse interpretasies van die Middeleeuse filosofiegeskiedenis.
4. Samevatting
Deel 1 van hierdie artikel bied ’n navorsingsmotivering vir en inleiding tot ’n eietydse bestekopname van Martin Versfeld se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan. Die bydraes van Ernst Wolff, Kobus Krüger, Paul van Tongeren en Ruth Versfeld, soos opgeneem in Wolff (2021) se Martin Versfeld: a South African philosopher in dark times, is verreken, waarna die kenmerkende onderwaardering van Middeleeuse filosofie aan die histories Afrikaanse universiteite gedurende die 20ste eeu bespreek is. Vyf kriteria is vervolgens aangebied aan die hand waarvan Versfeld se toepaslike publikasies en ongepubliseerde manuskripte in deel 2 van die artikel gelees sal word.
Bibliografie (Deel 1)
Toepaslike ongepubliseerde manuskripte, tikkopieë, lesings en voordragte deur Martin Versfeld (Deel 1)
Uit die Martin Versfeld Argief (ZA UCT Fonds BC1145), University of Cape Town Libraries (Special Collections: Manuscripts and Archives), Kaapstad. Aangesien die argiefdokumente wisselvallig gedateer is, word dit hier per argiefnommer aangedui, van BC1145_16 tot BC1145_211. Ter wille van leesbaarheid geskied verwysings na hierdie argiefbronne in die hoofteks en eindnotas aan die hand van die betrokke lêernommer en nie die volle argiefnommer nie (byvoorbeeld slegs “Versfeld 18[1]” en nie “Versfeld BC1145_18[1]” nie). Dokumente wat uitdruklik gedateer is, se datum word as sodanig ná die lêernommer aangedui. Manuskripte is afgekort as “MS”, tikkopieë as “TK”, voordragte as “VD” en notas, briewe en ander aantekeninge as “NT”.
Versfeld, M. BC1145_74. 1961. St Philip Neri. MS.
—. BC1145_101. Hoekom ek Katoliek geword het. MS & TK.
—. BC1145_102(2). Katoliek en Afrikaner. MS & TK.
—. BC1145_102(4). 1938. Brief aan Ds Conradie. NT.
—. BC1145_102(6). Oor die Christelike filosofie. MS.
—. BC1145_103. Taal en kuns. NT & MS.
—. BC1145_107. 1945. Oorlog teen bygeloof. MS & TK.
—. BC1145_129(4). Comments on the racist society. MS & TK.
—. BC1145_132. 1986. Beste Bill (Brief aan WA de Klerk). MS.
—. BC1145_134(3). 1940. The ethics of civil disobedience. MS, TK & VD.
—. BC1145_176(6). Our rapist society. NT.
—. BC1145_180(4). On the rights of man and the rights of rocks. TK.
—. BC1145_182(8). 1979. Comments on the rapist society. Sien ook Versfeld (BC1145_176[6]).
Toepaslike boeke, boekhoofstukke en artikels deur Martin Versfeld (Deel 1)
Versfeld, M. 1960. The mirror of philosophers. Londen: Sheed and Ward.
—. 1972. Persons. Kaapstad: Buren.
—. 1991. SUM. Martin Versfeld: Selected works / ’n Keur uit sy werke. Kaapstad: The Carrefour Press.
—. 2010a [1948]. Oor gode en afgode. Wolff, E. (inl.). Pretoria: Protea.
—. 2010b [1979]. Our Selves. Wolff, E. (inl.). Pretoria: Protea.
Algemene bronne
Adamson, P. en P.E. Pormann (reds. en verts.). 2012. The philosophical works of Al-Kindi. Oxford: Oxford University Press.
Allen, J. 2017. A competing discourse on empire. In Parker (red.) 2017:235–61.
Beukes, J. 2008. Voices carry: An archaeology of the Hervormd approach. HTS Theological Studies, 64(1):73−109. https://doi.org/10.4102/hts.v64i1.4.
—. 2011. God kan net doen wat God wel doen: Petrus Abelardus se Megariaanse argument in Theologia Scholarium, Opera Theologia III. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 67(3):1–9. https://doi.org/10.4102/hts.v67i1.883.
—. 2018a. ’n Herlesing van Pseudo-Dionisius se metafisika. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 74(4), Art. #5111, 1–9. https://doi.org/10.4102/hts.v74i4.5111.
—. 2018b. Dionisiese spore in Kusa se metafisika. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 74(4), Art. #5112, 1–8. https://doi.org/10.4102/hts.v74i4.5112.
—. 2018c. Die Arabiese trajek in die Karolingiese periode in Middeleeuse filosofie. LitNet Akademies, 15(3):502–64. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2018/12/LitNet_Akademies_15-3_Beukes_502-564.pdf.
—. 2018d. Die Arabiese trajek in die post-Karolingiese periode in Middeleeuse filosofie. LitNet Akademies,15(3):565–626. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2018/12/LitNet_Akademies_15-3_Beukes_565-626.pdf.
—. 2019a. “Foucault se sodomiet”: Damianus se Liber gomorrhianus (1049) heropen. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 75(4):1–13. https://doi.org/10.4102/hts.v75i4.5216.
—. 2019b. Hildegard von Bingen (1098–1179) as ’n 12de-eeuse filosoof-teoloog. LitNet Akademies, 16(1):64–102. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2019/06/LitNet_Akademies_16-1_Beukes_64-102.pdf.
—. 2019c. “Maak die wêreld nie tot bespotting nie”: ’n Herwaardering van die filosofiese aspekte in Mechtild von Magdeburg se Das fließende Licht der Gottheit (1250). Verbum et Ecclesia, 40(1):1–8. https://doi.org/10.4102/ve.v40i1.1965.
—. 2019d. Policraticus en Metalogicon: ’n Bywerking van die Saresberiensis-navorsing, 2013–2018. Verbum et Ecclesia, 40(1):1–14. https://doi.org/10.4102/ve.v40i1.1959.
—. 2019e. Héloïse d’Argenteuil se filosofiese uitset. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 75(4):1–12. https://doi.org/10.4102/hts.v75i4.5281.
—. 2019f. De potestate regia et papali: ’n “Uurglas”-bywerking van die mees onlangse Quidort-navorsing. LitNet Akademies, 16(2):109–68. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2019/10/LitNet_Akademies_16-2_Beukes_109-168.pdf.
—. 2020a. Middeleeuse filosofie. Volumes I en II. Pretoria: Akademia.
—. 2020b. Intervroulike seksualiteit in die latere Middeleeue: ’n Ideëhistoriese oorsig. Verbum et Ecclesia, 41(1):1–13. https://doi.org/10.4102/ve.v41i1.2074.
—. 2020c. Die eliminering van die siel in die filosofiese mistiek en negatiewe teologie van die begyn Marguerite Porete (1250–1310). LitNet Akademies, 17(2):204–29. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2020/09/LitNet_Akademies_17-2_Beukes_204-229.pdf.
—. 2020d. Die triomf van ’n post-skolastieke mistiek oor skolastieke lojalisme: Gersonius versus Ruusbroec (postuum), 1399. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 76(1):1–12. https://doi.org/10.4102/hts.v76i1.5672.
—. 2020e. The Dominican Robert Kilwardby (ca. 1215–1279) as schoolman and ecclesiastical official. Verbum et Ecclesia, 41(1):1–14. https://doi.org/10.4102/ve.v41i1.2065.
—. 2020f. The Trinitarian and Christological Minnemystik of the Flemish beguine Hadewijch of Antwerp (fl. 1240). HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 76(1):1–10. https://doi.org/10.4102/hts.v76i1.5865.
—. 2020g. Sensus communis: The relevance of medieval philosophy in the 21st century. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 76(4):1–13. https://doi.org/10.4102/hts.v76i4.5937.
—. 2020h. Juliana van Norwich (1342 – ca. 1416) as post-skolastiese teoloog. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 76(4):1–11. https://doi.org/10.4102/hts.v76i4.6001.
—. 2020i. Die politieke aktivisme van Birgitta Birgersdotter (1302/3–1373). Verbum et Ecclesia, 41(1):1–12. https://doi.org/10.4102/ve.v41i1.2134.
—. 2020j. Omnium expetendorum prima est sapientia: Hugo van Saint-Viktor (1097–1141) en die probleem van hiperspesialisasie in die eietydse wetenskapsbegrip. LitNet Akademies, 17(1):262–97. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2020/04/LitNet_Akademies_17-1_Beukes_262-297.pdf.
—. 2020k. Challenges in medieval philosophy scholarship. Ongepubliseerde intreerede as ereprofessor in filosofie. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.
—. 2021a. Augustinus en vroulike homoërotiek in die vroeë Middeleeue: ’n Foucaultiaanse ideëhistoriese interpretasie. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 77(4):1–15. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6880.
—. 2021b. Raptus en die “vorm van die wil”: ’n Transgressiewe lesing van Foucault se Augustinus-interpretasie in Les aveux de la chair. Verbum et Ecclesia, 42(1):1–15. https://doi.org/10.4102/ve.v42i1.2310.
—. 2021c. Michel Foucault on Methodius of Olympus (d. ca. 311) in Les aveux de la chair: Patrick Vandermeersch’s analysis contextualised. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 77(4):1–12. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6912.
—. 2021d. “Skoolordes” in stede van “bedelordes”: ’n Heroorweging van die toepaslikheid van die begrip mendīcānsin die (Afrikaanse) Middeleeuse vakregister. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 77(4):1–11. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6837.
—. 2021e. Middeleeuse studies, Mediëvalistiek en Mediëvalisme: Kritiese onderskeide en samehange. Verbum et Ecclesia, 42(1):1–8. https://doi.org/10.4102/ve.v42i1.2236.
—. 2021f. The case for post-scholasticism as an internal period indicator in medieval philosophy. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 77(4):1–13. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6270.
—. 2021g. Die “vyf trane” as mistieke uitdrukking in die Dialoë van die Dominikaanse non Katharina van Siëna (1347–1380). HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 77(4):1–9. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6553.
—. 2021h. Neoplatonism in the Cologne tradition of the later Middle Ages: Berthold of Moosburg (ca. 1300–1361) as case study. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 77(4):1–15. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6281.
—. 2021i. The 50-year jubileum of the Society for the Promotion of Eriugenian Studies in the John Scottus Eriugena (815–877) research, 1970–2020. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 77(4):1–13. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6456.
—. 2021j. Besinning oor filosofie in die mistieke kloosterteks Hortus deliciarum (ca. 1185) deur Herrada Landsbergensis (ca. 1130–1191). Verbum et Ecclesia, 42(1):1–10. https://doi.org/10.4102/ve.v42i1.2199.
—. 2021k. Hendrik van Harclay (ca. 1270–1317) se kritiese Skotisme, afgelei uit sy Quaestiones Ordinaire (1312–1317). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 61(1):259–81. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a16.
—. 2021l. Liggaamsfragmentering in sentraal-Middeleeuse vroulike mistiek. LitNet Akademies, 18(2):200–36. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/08/LitNet_Akademies_18-2_Beukes_200-236.pdf.
—. 2021m. Foucault se unieke Oriëntalisme. LitNet Akademies, 18(1):147–81. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/04/LitNet_Akademies_18-1_Beukes_147-181.pdf.
—. 2021n. Die ontwikkeling en komplekse samehange van die huidige vier bande van Foucault se Histoire de la sexualité. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 61(4/2):1287–310. http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&pid=S0041-47512021000500004 (8 September 2022 geraadpleeg).
—. 2022a. Herman Jean de Vleeschauwer (1899–1986) se interpretasie van Middeleeuse filosofie aan Unisa (1951–1964). HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 78(4):1–9. https://doi.org/10.4102/hts.v78i4.7515.
—. 2022b. Die diskoers oor armoede in die sentrale en latere Middeleeue. Tydskrif vir Geesteswetenskappe,62(2):255–75. http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&pid=S0041-47512022000200002 (8 September 2022 geraadpleeg).
—. 2022c. Die historiese ontwikkeling van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste, byeengebring vanuit die mees onlangse literatuur. LitNet Akademies, 19(2):28–72. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2022/09/LitNet_Akademies_19-2_2_Beukes.pdf.
—. 2022d. Die mediëvalistiese karikatuur van seksuele verval in Laat-Middeleeuse vrouekloosters. Verbum et Ecclesia, 43(1):1–10. https://doi.org/10.4102/ve.v43i1.2415.
—. 2022e. Permission request for extensive referencing to Martin Versfeld: A South African philosopher in dark times. Korrespondensie met Ernst Wolff op 17 Januarie 2022, geliasseer by Radboud Universiteit Nijmegen.
—. 2022f. Die “bekentenisse van die vlees” in die sentrale Middeleeue: ’n Verruiming van Foucault se lesing in Histoire de la sexualité 1 (La volonté de savoir). HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 78(4):1–10. https://doi.org/10.4102/hts.v78i4.7216.
Beukes, J. en A.G. van Aarde. 2000. C.H. Rautenbach, P.S. Dreyer en C.K. Oberholzer: Hulle nalatenskap en die pad vorentoe. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 56(1):1−37. https://doi.org/10.4102/hts.v56i1.1695.
Bynum, C.W. 1984. Jesus as Mother. Studies in the spirituality of the high Middle Ages. Berkeley, Los Angeles: University of California Press.
—. 1987. Holy feast and holy fast. Berkeley, Los Angeles: University of California Press.
De Klerk, W.A. 1966. Marthinus Versfeld: Die man en sy denke. Tydskrif vir Letterkunde, 4(1):62–72.
—. 1983. Marthinus Versfeld: Mens en denker. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 23(3):178–86.
Duvenage, P. 2016. Afrikaanse filosofie: Perspektiewe en dialoë. Bloemfontein: Sun Media.
Eco, U. 1997. The search for the perfect language. Fentress, J. (vert.). Oxford: Blackwell.
Evans, G.R. 2002. Fifty key medieval thinkers. Londen en New York: Routledge.
Flügel, V.G. 1857. Al-Kindi genannt des Philosoph der Araber. Abhandlungen für die Kunde des Morgenlandes 1/2. Leipzig: Brockhaus.
Gilson, E. 1940 [eerste Franse uitgawe 1932, L’esprit de la philosophie médiévale]. The spirit of Mediaeval philosophy. New York: Scribner.
Goosen, D.P. 2017. Die metafisiese tradisie vandag. ’n Interpretasie van Eric D. Perl. LitNet Akademies, 14(3):557–91. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2017/12/LitNet_Akademies_14-3_Goosen_557-591.pdf.
Gössmann, E. 1988. “Ein Wissen, das Frauen nicht zukommt”. Die Geschichte der 1310 hingerichteten Mystikerin Marguerite Porete. Orientierung, 52(4):40–3.
Grabmann, M. 1957. Die Geschichte der scholastischen Methode. Volumes I & II. Berlyn: Akademie Verlag.
Gracia, J.J.E. en T.B. Noone (reds.). 2006. A companion to philosophy in the Middle Ages. Oxford: Blackwell.
Jantzen, G. 1994. Feminists, philosophers and mystics. Hypatia, 9(4):186–206.
Krüger, J.S. (vert. en komm.). 2003. Duister stilte en wilde woestyn. Die mistiek van Jan van Ruusbroec (1293–1381): Oor “Die geestelike brulocht”. Pretoria: Aurora Press.
Krüger, J.S. 2020. Dante se mistieke reis. Tweede tog: Purgatorio. Ingelei, vertaal, toegelig, vertolk. HTS Religion & Society Series, Volume 8. Kaapstad: AOSIS. https://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/242 (31 Oktober 2021 geraadpleeg).
—. 2021a. Versfeld’s dialogue with Eastern thought. In Wolff 2021:125–48.
—. 2021b. Motivering van die Versfeld / De Vleeschauwer-projekte. Korrespondensie met Johann Beukes, geargiveer by Radboud Universiteit Nijmegen.
Lagerlund, H. (red.). 2011. Encyclopedia of medieval philosophy: Philosophy between 500 and 1500. Londen: Springer.
Nash, A. 2009. The dialectical tradition in South Africa. Londen, New York: Routledge.
Parker, G. (red.). 2017. South Africa, Greece and Rome: Classical confrontations. Cambridge: Cambridge University Press.
Pasnau, R. en C. van Dyke (reds.). 2010a. The Cambridge history of medieval philosophy, Volume I. Cambridge: Cambridge University Press.
—. 2010b. The Cambridge history of medieval philosophy, Volume II. Cambridge: Cambridge University Press.
Rossouw, H. 1996. Die kuns van die lewe is om tuis te kom. Gedagtes oor die filosofie van Martin Versfeld. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 36(1):11–20.
Said, E.W. 1979 [eerste uitgawe 1978]. Orientalism. New York: Vintage.
Strauss, D.F.M. 1969. Skolastiek en gereformeerde skolastiek kontra reformatories-Christelike denke. Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, 10(2):97–114.
Van der Walt, B.J. 2011. Flagging philosophical minefields at the Synod of Dordt (1618–1619) – reformed scholasticism reconsidered. Koers, 76(3):505–38.
—. 2012. Aristotelies-filosofiese invloede by die Sinode van Dordt (1618–1619) en die bevrydende perspektief van ’n Reformatoriese filosofie op goddelike soewereiniteit en menslike verantwoordelikheid. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 52(2):174–95.
Van Tongeren, P. 2021. Versfeld and Nietzsche: Strange bedfellows. In Wolff 2021:93–104.
Versfeld, R. 2021. “Fertilizer to the last” – Biographical snips. In Wolff 2021:21–36.
Wolff, E. 1999. Sanctus Marthinus laudator philosophicus. Fragmente, 4(1):87–101.
—. 2006. Anatomie van ’n teologiese ideologie. Die Hervormde Kerk se steun aan die Apartheid ideologie. Historia,51(1):141–62.
—. 2010. Selfkennis, verstandigheid en inkarnasie. ’n Interpretasie van Versfeld se Oor gode en afgode. LitNet Akademies, 7(2):257–79. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/01/LA_7_2_wolff.pdf.
—. 2011. Poiesis – Oor maaksels en hul wêreld na aanleiding van Versfeld se Pots and Poetry. Tydskrif vir Letterkunde, 48(1):206–15.
—. 2021. Martin Versfeld: A South African philosopher in dark times. Leuven: Leuven University Press. https://lup.be/products/172316 via https://doi.org/10.11116/9789461664143.
Eindnotas
1 Vir die tweede artikel, sien Beukes (2022a:1–9). Die anonieme keurders wat die portuurevaluering van die keuringsmanuskripte behartig het wat tot hierdie twee publikasies gelei het, word vir hulle tyd, kollegialiteit en konstruktiewe aanbevelings bedank. Die biblioteekpersoneel van die Universiteit van Kaapstad word bedank vir administratiewe bystand tydens my navorsingsverblyf in Kaapstad gedurende Oktober en November 2021.
2 “I want to speak as a South African, because only thus I have anything to say of any general interest” (Versfeld 1960:2). De Vleeschauwer, van Belgiese afkoms en gegewe die kontroversiële omstandighede waaronder hy in Februarie 1950 na Suid-Afrika uitgewyk het (sien Beukes 2022a:2), sou nie met reg as ’n Suid-Afrikaanseakademiese skrywer beskryf kon word nie; hy sou eerder gekenmerk moes word as ’n Europese navorser wat (op grond van vertalings van sy brontekste vanuit verskeie Europese tale) wel ook in Afrikaans geskryf en gepubliseer het (Beukes 2022a:2–4). Hierdie twee filosofiedosente van weleer staan lewensbeskoulik reg teenoor mekaar en het, buiten hulle gedeelde liefde vir Middeleeuse filosofie, waarskynlik niks anders gemeen gehad nie. In beide artikels word gevolglik met slegs die noodsaaklikste biografiese verwysings volstaan en saaklik op die toepaslike tekste gefokus. Die twee artikels word daarby só aangebied dat dit toeganklik sou kon wees vir lesers wat nie in filosofie spesialiseer nie, en ook vir internasionale lesers wat nie noodwendig vertroud is met die kompleksiteite van die historiese Suid-Afrikaanse universiteitswese nie. Let daarop dat direkte aanhalings uit Engelse tekste nie in Afrikaans vertaal word nie.
3 Dit sluit argivale navorsing in: ten opsigte van Versfeld, by die Martin Versfeld Argief (ZA UCT Fonds BC1145), University of Cape Town Libraries (Special Collections: Manuscripts and Archives) wat uit 195 lêers bestaan (BC1145_16 tot BC1145_211). Hierdie argiefmateriaal is gelukkig, afgesien van beperkte waterskade, ongeskonde gelaat na die brand van 18 April 2021 op die kampus van UK en veral by die JW Jagger Biblioteek (sien http://www.lib.uct.ac.za/jagger-recovery – 16 Oktober 2021 geraadpleeg). De Vleeschauwer se nagelate dokumente word bewaar in Argief MSS Acc 32 in die Unisa Repository (bestaande uit 340 houers met 13 inhoudsopgawes, A–M; sien Beukes 2022a:3–4).
4 Sien Duvenage (2016:1–3) oor spesifiek die “Afrikaanse filosofiese tradisie”, waarvan die mees uitstaande kenmerk die beoefening van beide die kontinentale en die analitiese trajekte in Wes-Europese filosofie in die Afrikaanse taal en die verrekening van daardie trajekte binne die eietydse Suid-Afrikaanse konteks is. Hierdie verrekening sou vermag kon word slegs wanneer plaaslike voorgangers se intellektuele erflatinge krities herondersoek sou word: “[Die vraag na ’n Afrikaanse filosofiese tradisie] kan slegs beantwoord word as daar in die eerste plek by Afrikaanse filosowe ’n grondige kennis van die eie intellektuele geskiedenis bestaan” (Duvenage 2016:17). Hoewel Versfeld by voorkeur in Engels geskryf en sy lesings by UK oorwegend in Engels aangebied het, is ’n noemenswaardige deel van die materiaal in die Versfeld Argief nietemin oorspronklik in Afrikaans geskryf. De Vleeschauwer het selde in Engels geskryf, maar oorwegend in Nederlands, Frans, Duits en, na sy indienstrede by Unisa in 1951, deur middel van bystand met vertaalde verwerkings ook in ’n Vlaamse soort Afrikaans. Beide voorgangers sou gevolglik versigtig binne sodanige “Afrikaanse filosofiese tradisie” geplaas kon word – veral Versfeld sou op grond van sy inklusiewe benadering tot filosofiebeoefening afwysend teenoor die spesifisering van ’n enkele taal (en daarom van ’n vooraf gespesifiseerde kultuurkonteks) in sy werk staan (vgl. Versfeld 103, “Taal en kuns”; sien ook Wolff 2021:52 voetnoot 24 se tersaaklike opmerkings). Die twee bydraes word nietemin in Afrikaans aangebied uit agting vir die rol wat die taal in die ruim landskap van Versfeld se kultuurkritiek by UK en De Vleeschauwer se onderrig by Unisa gespeel het.
5 “It would hardly be a waste of time if sometimes even the most advanced students in the cognitive sciences were to pay a visit to their ancestors […] It is only when we consider past projects revealed as utopian or as failures, that we are apprised of the dangers and possibilities for failure for our allegedly new projects. The study of the deeds of our ancestors is thus more than an antiquarian pastime [...] it is an immunological precaution” (Eco 1997:5). Versfeld (107:2–3) self verwoord hierdie voorsorg met verwysing na die Sokratiese selfbegrip (“ken jouself”) en met die geldige vraag of enige geslag nie telkens weer en tot ’n selfs groter mate as hulle voorgangers aan “misverstande en bygeloof” blootgestel is nie.
6 Sien Krüger (2021b:1). Let daarop dat Middeleeuse filosofie hier, in ooreenstemming met ’n algemene Wes-Europese benadering, as ’n deeldissipline van die dissipline ideëgeskiedenis (of “die geskiedenis van die filosofie”) binne die groter vakgebied van die filosofie hanteer word. Die vier ander deeldissiplines van die dissipline ideëgeskiedenis is antieke filosofie, laat-antieke filosofie, Renaissance-filosofie en vroegmoderne filosofie.
7 Sien Wolff (2021, per OAPEN (Open Access Publishing in European Networks), https://lup.be/products/172316 via https://doi.org/10.11116/9789461664143). Ernst Wolff is tans (2022) hoogleraar aan die Sentrum vir Metafisika, Godsdiensfilosofie en Kultuurfilosofie by die Instituut vir Hoër Filosofie aan die Katolieke Universiteit (KU) Leuven in België. Toestemming vir ’n totaal van 14 verwysings in hierdie artikel na Wolff se afdelings in die werk is op 17 Januarie 2022 aangevra en op 18 Januarie 2022 deur Wolff toegestaan (sien Beukes 2022e:1–44).
8 Sien Van Tongeren (2021:93–104).
9 Sien Krüger (2021a:125–48).
10 Sien R. Versfeld (2021:21–36). Verwysings na Ruth Versfeld geskied met insluiting van die eerste voornaamletter en verwysings na Martin Versfeld daarsonder.
11 Twee ander betreklik onlangse, maar meer kursoriese bydraes in Engels ter breër bevordering van Versfeld se nalatenskap kan gevind word in Allen (2017:235–61) en Nash (2009:159–64). In Afrikaans staan, naas Wolff se lesings oor die afgelope twee dekades (sien eindnota 12), twee ouer bydraes uit, naamlik dié van Bill (W.A.) de Klerk (1983:178–86, in ’n bywerking van De Klerk 1966:62–72, en Hennie Rossouw (1996:11–20); sien ook Versfeld (132) se brief aan De Klerk in 1986, waarin hy kritiese instemming betuig met hierdie oorsig van sy werk.
12 Onder sy lesings van Versfeld se werk in aanloop tot die publikasie van Martin Versfeld: a South African philosopher in dark times tel Wolff (1999:87–101; 2006:141–62; 2010:257–79; en 2011:206–15).
13 Sien Wolff (2021:37–60, “What was Versfeld doing when he was doing philosophy?”; 2021:63–92, “Self-knowledge and practical reason in a time of political madness”); 2021:105–24, “Grasping the truth from where we are”); 2021:149–65, “Poiesis – on the voice of poets, philosophers and other potters”); 2021:175–90, “Sanctus Marthinus laudator philosophicus”, ’n kritiese bywerking van Wolff 1999:87–101; en 2021:191–218, “What is living and what is dead of the philosophy of Martin Versfeld?”).
14 “[Apartheid is] a racialist capitalism exacerbated by our industrial and technological revolution, which justifies itself by a scriptural literalism” (Versfeld 1972:11; vgl. Versfeld 2010a [1948]:129–30; sien daarby Versfeld 129[4], “Comments on the racist society”; 176[6], “Our rapist society”; en 180[4], “On the rights of man and the rights of rocks”).
15 Afgesien van hierdie aanname rakende ruimte-oorwegings is ’n bykomende rede vir die afwesigheid van ’n afsonderlike afdeling wat oor die Middeleeue handel in die betrokke werk, in ooreenstemming met wat in deel 2 van hierdie artikel in terme van Versfeld se modernkritiese toepassing van Middeleeuse filosofie aangedui word, dat die Middeleeue aksiomaties in Versfeld se werk teenwoordig is, juis ook in die tekste wat oënskynlik nie daarmee gemoeid is nie. Vir eksplisiete verwysings na die Middeleeue in die werk, sien Krüger (2021a:128), Van Tongeren (2021:97), R. Versfeld (2021:24–5) en Wolff (2021:38, 40, 48 voetnoot 15, 53, 55, 74–6, 89, 106, 113, 204–5, 212).
16 “Only through proper critique can Versfeld remain our contemporary” (Wolff 2021:12).
17 Vir ’n uiteensetting van die mediëvalistiek, te onderskei van Middeleeuse studies (of mediëvistiek), sien Beukes (2021e:1–8). In kort: Waar Middeleeuse studies gerig is op die ontleding van Middeleeuse tekste (dus geskryf gedurende die millennium lange periode tussen rofweg die vroeë vyfde en die laat 15de eeu), is die mediëvalistiek gerig op die ontleding van post-Middeleeuse interpretasies van die Middeleeue (dus geskryf ná die laat 15de eeu). Mediëvalistieke ontledings, synde tweedelig hermeneuties (die huidige leser lees dus sowel die na-Middeleeuse skrywer se lesing van ’n Middeleeuse teks as die Middeleeuse teks self), stel ander eise aan die navorser as Middeleeuse studies (waar dus slégs die Middeleeuse teks ondersoek word), waaronder die verrekening van die betrokke na-Middeleeuse skrywer se historiese konteks en diskursiewe oogmerke. ’n Onlangse voorbeeld van ’n Middeleeuse studie in Afrikaans is Kobus Krüger (2020) se vertaling en vertolking van Dante Alighieri (1265–1321) se Purgatorio (Dante se mistieke reis – Tweede tog; die tweede in ’n meervoudige aanbod wat minstens nog een band sou kon bestryk). ’n Onlangse mediëvalistieke (hoewel hy dit nie so noem nie) lesing in Afrikaans is Danie Goosen (2017:557–91) se ontleding van ’n laatmoderne vertolking van Pseudo-Dionisius (ca. 500) se metafisika (sien daarby Beukes 2018a:1–9; 2018b:1–8). Die onderhawige bydrae behels ’n soortgelyke dubbelspoor-na-Middeleeus-Middeleeuse ontleding van Versfeld se resepsie van die Middeleeuse geesteslandskap en vooronderstel ’n greep op sowel die Middeleeuse ideëgeskiedenis as Versfeld se laatmoderne filosofiekonteks.
18 Die Universiteit van Kaapstad / University of Cape Town is in 1829 gestig (as South African College) en kan op grond van die kollege se stigtingsdatum as die oudste universiteit in Suid-Afrika beskou word.
19 Die histories Afrikaanse universiteite (HAU’s) kan hier beperk word tot Stellenbosch (US, gestig 1866), (Oranje-)Vrystaat (UOVS, nou UV/UFS, 1904), Potchefstroom (PU–K) (vir CHO) 1869/1919, sedert 2004 Noordwes-Universiteit / Northwest University, NWU), Pretoria (TUK/UP, 1908) en die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU, 1967, sedert 2005 University of Johannesburg, UJ). Met inbegrip van die unieke situasie by RAU, ’n HAU waar daar geen teologiefakulteit was nie, is Middeleeuse filosofie hoogs wisselvallig aan US, OUVS/UV, UP en PU/NWU gedoseer – almal universiteite met ’n prominente teologiefakulteit wat sonder uitsondering Calvinisties in teologiese oriëntasie was en een of meer van die drie histories Nederduitse kerke (sien eindnota 20) se teologiese opleiding behartig het. Hier word nié beweer dat Middeleeuse filosofie op géén stadium by hierdie HAU’s gedoseer is nie, maar dat dit – anders as in die geval van byvoorbeeld antieke filosofie, politieke filosofie, filosofiese etiek, wetenskapsfilosofie, vroegmoderne en moderne filosofie – nie op ’n staande basis, en veral nie deur spesialiste in Middeleeuse studies nie, aangebied is nie. Waar Middeleeuse filosofie vanaf die laat 1960’s sporadies (en inderdaad om duidelike teologiese redes) by spesifiek UV en PU gedoseer is, sou dit as ’n vorm van “Reformatoriese filosofie” beskryf moes word; sien D.F.M. Strauss (by UV, 1969:97–114) en B.J. van der Walt (by PU/NWU, 2011:505–38; 2012:174–95); vgl. ook Duvenage (2016:139–62) se insiggewende onderhoud met Strauss. Vir sy kritiek teen sodanige “Reformatoriese filosofie” en die fundamentalistiese Skrifbeskouing en moralistiese ondertone wat dit volgens hom bepalend kenmerk, sien Versfeld (102[6], “Oor die Christelike filosofie”; vgl. Versfeld 2010b [1979]:59).
20 In Suid-Afrika geld dit veral vir die dominante teologies-maatskaplike posisie van die drie histories Nederduitse Kerke: die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK, met haar dogterskerke), die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Hoewel die aanduiding “Nederduits(ch)” nie formeel in die GKSA se naam voorkom nie, is die betrokke kerk teologies en kerkordelik diep in Kuyperianisme gebed en dus, soos die NGK en NHKA, ’n Protestants-Calvinistiese kerk in Afrika vanuit die historiese Nederlandse konteks. Die NGK se drie teologiefakulteite was aan US, UP en UV gesetel, die NHKA se fakulteit aan UP (Afdeling A, met die NGK se UP-fakulteit as Afdeling B bekend) en die GKSA se ekwivalent aan PU. Die NGK (by US en UV) en GKSA (by PU/NWU) se fakulteite het oor die afgelope drie dekades konstruktiewe akademiese en maatskaplike aanpassings gemaak, terwyl Afdelings A (NHKA) en B (NGK) aan UP gedurende die 1990’s met die oog op sowel soortgelyke aanpassings as op grond van onafwendbare rasionalisasie in ’n enkele (dus ekumeniese) fakulteit saamgesnoer is.
21 Bowman was, in Versfeld se woorde, ’n “gelowige Protestant, met ’n fyn skeppende intellek, en ’n afgeronde menslikheid […]. Hy was ’n Christelike denker, en dit het al my vooroordele verpletter. Ek kon voor my oë sien dat jy ’n Christen en ’n denker kon wees” (Versfeld 101:2, “Hoekom ek Katoliek geword het”; vgl. Versfeld 1991:15; ook De Klerk 1966:63–4).
22 Sien R. Versfeld (2021:4). Die “anti-intellektuele” (De Klerk 1966:63), “narrow” (R. Versfeld 2021:25) en uiteindelik ”ideologiese” (Wolff 2006:141) vorm van Protestantisme wat in Suid-Afrika in die tweede helfte van die 20ste eeu ’n hoogbloei beleef het, het die teologiese regverdiging van apartheid, waarteen Versfeld hewig gekant was (en wat ongetwyfeld ’n rol gespeel het in sy intuïtiewe besluit in 1943 om ’n Katoliek te word – sien weer Versfeld 101), asook ’n kerklike dienstigheid aan die apartheidsregering, spontaan bestendig (sien Wolff 2006:141–62; vgl. Beukes 2008:78 voetnota 3 en 83–90). Versfeld het hom egter reeds jare voor die politieke institusionalisering van apartheid ferm uitgespreek teen wat hy beskryf het as ’n “algemene teologiese onbevoegdheid” vanuit die plaaslike Nederduitse kerke om dié dinge te onderskei waarop dit syns insiens teologies en maatskaplik werklik aangekom het, naamlik rassediskriminasie en uiteindelik kerkgesanksioneerde rassisme as sodanig (sien onder andere ’n skrywe aan ’n NG predikant in 1938 in Versfeld 102[4]:2–3; 10–1, “Brief aan Ds Conradie”) en het in 1940 ’n voordrag gehou, “The ethics of civil disobedience”, in Versfeld 134[3)]). Versfeld bevestig hierdie maatskaplik-teologiese kritiek juis in 1948, die jaar van die politieke triomf van die Nasionale Party, in Oor gode en afgode (Versfeld 2010a [1948]:94–6 – sien ter wille van ewewig daarby sy verstaan van lojale politieke verset in Versfeld 102[2], “Katoliek en Afrikaner”).
23 Omdat ’n groot deel van voorgraadse studente by die HAU’s wat filosofie as ’n hoofvak geneem het, juis teologiestudente was wat by letterefakulteite toegerus moes word met die oog op nagraadse studie by die NGK, NHKA en GKSA se teologiefakulteite, was die oorweging skynbaar tot watter mate onderrig in Middeleeuse filosofie hierdie studente sou baat. Dié studente se kerkgerigte teologiese opleiding sou immers kwalik (buiten in die vak kerkgeskiedenis en die dissipline dogmengeskiedenis) na die Middeleeue, en geensins na Middeleeuse filosofie as sodanig nie, terugverwys het. Dat die Reformasie sélf regstreeks uit die laat-Middeleeuse universiteitswese en die skolastiek wat dit vir eeue gedra het, ontwikkel het, is vir dekades nooit betekenisvol in ag geneem nie – met verarmende gevolge, asof enige Reformatoriese tradisie intellektueel onafhanklik van voor-Reformatoriese tradisies (kan) bestaan. Hierdie is een van meerdere kwessies wat gedempte maar nietemin sigbare spanninge tussen filosofiese onderrig en teologiese opleiding aan die HAU’s in die middel- en latere dekades van die vorige eeu opgeroep het. Dít sou met talle voorbeelde gestaaf kon word, waaronder Johan (J.J.) Degenaar (1926–2015) se gestriemde verhouding met die teologiefakulteit by US oor onder meer die filosofiese paradokse, of insolubilia, ten opsigte van die sterflikheid van die siel (sien byvoorbeeld Duvenage 2016:82–7 se onderhoud met Degenaar). Bestaan daar dan enige ánder antwoord op die vraag waarom Middeleeuse filosofie so uitdruklik by daardie HAU’s verbygegaan is waar ’n teologiefakulteit van een of meer van die drie histories Nederduitse kerke gevestig was, terwyl dit in ’n beduidend mindere mate die geval was by die Engelse universiteite en RAU/UJ – en glad nie die geval was by UK en Unisa nie? ’n Voorbeeld van so ’n intieme verhouding tussen ’n teologiefakulteit en ’n filosofiedepartement aan ’n HAU is dié tussen die (destydse) Fakulteit Teologie (Afdeling A) van die NHKA en die Departement Filosofie (tóé nog paslik Wysbegeerte genoem) aan UP; sien Beukes en Van Aarde 2000:1–37). In die 1970’s en 1980’s was daar min filosofiedosente aan UP wat nié ’n verbintenis met die NHKA en (ten minste by hoë implikasie) dié se teologiefakulteit gehad het nie (vgl. Beukes 2008:83–90).
24 “[Daar is vele dinge] waarmee die Calvinisme hoegenaamd nie mee kan reken nie […] As jy [’n] Afrikaanse Calvinis is, sal jy feitlik nooit hoor van heiliges soos Philippus Neri, of Caterina van Siena, of Teresa van Avila, of selfs van die martelare soos Laurentius, en Tibertius, en Cosmas en Damianus nie. En tog is hulle, en duisende soortgelykes, die skoonste blomme wat die boom van Christus dra […] van toe af was die heiliges my vriende” (Versfeld 101; sien Versfeld 74 vir sy herwaardering van die [hoewel na-Middeleeuse] Neri [1515–1595] as sodanig).
25 Engelse universiteite (waarvan sommige aanvanklik tweetalig of dubbelmedium ten opsigte van onderrig in beide Engels en Afrikaans was) kan hier (met betrekking tot onderrig in filosofie) beperk word tot University of the Witwatersrand (Wits, gestig 1922), University of Natal en University of Durban-Westville (1949, 1961/1972, in 2004 verenig as University of KwaZulu-Natal, UKZN), Rhodes University (1904, RU), University of Port Elizabeth (UPE, 1964, sedert 2005 na talle samevoegings tussen UPE, Vista PE en PE Technikon, eers bekend as Nelson Mandela Metropolitan University, NMMU, en nou as Nelson Mandela University, NMU), University of the Western Cape (1959, UWC/UWK) en University of Fort Hare (1916, UFH).
26 Unisa is in 1873 gestig as University of the Cape of Good Hope en het vanaf 1918 as die dubbelmedium instelling University of South Africa / Universiteit van Suid-Afrika bekendgestaan.
27 Sien die opstelling van kriteria in Beukes (2020k:1–11).
28 Dit is noodsaaklik om hierdie kriteria aan die hand van toeganklike voorbeelde toe te lig. Die mees ekonomiese roete is om dit deur middel van saaklike verwysings in eindnotas na die skrywer se mees onlangse publikasies te doen. Die bibliografieë in hierdie publikasies voorsien die leser ook van verwysings en skakels na die mees onlangse bydraes in die gespesialiseerde navorsing oor die temas wat in die betrokke bydraes hanteer is.
29 Onlangse voorbeelde is die vertaling van passasies uit die ondergekommentarieerde kanselier-filosoof van Oxford, Hendrik van Harclay, se Quaestiones Ordinaire (in Beukes 2021k:259–81) en die vertaling van Hildegard von Bingen (1098–1179) se tabel van ondeugde en deugde in haar Vitae Meritorum (in Beukes 2019b:83–5).
30 Motiefnavorsing in Middeleeuse filosofie sluit onder andere in die ondersoek na versweë of onderbeklemtoonde elemente in ’n Middeleeuse skrywer se werk; sien byvoorbeeld met betrekking tot versluierde verwysings na antieke filosofie in Petrus Abelardus (1079–1142) se dialektiek Beukes (2011:1–9).
31 Trajeknavorsing in Middeleeuse filosofie speur die ontwikkeling van ’n bepaalde idee of intellektuele beweging deur die loop van die Middeleeue na; sien byvoorbeeld met betrekking tot die ontwikkeling van vierde-eeuse Neoplatonisme binne Dominikaanse geledere vanaf die middel van die 13de tot die laat 14de eeu, Beukes (2020l:1–15); of met betrekking tot Arabiese Neoplatonisme, Beukes (2018a:502–64; 2018b:565–626); of met betrekking tot opeenvolgende institusionele ontwikkelinge in die monnikewese, Beukes (2022c). Trajeknavorsing poog dus om ideë- en kultuurhistoriese ontwikkelinge oor die betrokke tydperk van ongeveer ’n duisend jaar samehangend byeen te bring.
32 Dit geld veral vir ’n kritiek van elemente in die vakregister wat eietyds as pejoratief beskou sou kon word; sien byvoorbeeld met betrekking tot die gestandaardiseerde verwysing na die nuutgestigte Franciskaanse, Dominikaanse, Augustynse en Karmelitiese ordes van die 13de eeu as “bedelordes” Beukes (2021d:1–12).
33 ’n Voorbeeld is hoe in die Middeleeue filosofies en juridies oor armoede, klasseverskille en die kriminalisering van bepaalde vorme van seksualiteit besin is (vgl. Beukes 2022b:255–75; 2019a:1–13; 2020b:1–14; 2021a:1–12; 2022d:1–10; en 2022f:1–10).
34 Sien byvoorbeeld ten opsigte van die (in terme van die moderne inhoudsopgawe van die filosofie) eerste politieke filosoof van die Middeleeue, Johannes van Salisbury (ca. 1115–1180 Beukes 2019d:1–14); of ten opsigte van die veglustige politieke teorieë van die Dominikaan Johannes van Parys (Jean Quidort, ca. 1255–1306 Beukes 2019f:109–68); of ten opsigte van die omstrede politieke filosofie van Birgitta van Swede (1302/3–1373 Beukes 2020i:1–12).
35 Sien Beukes (2020g:1–13, 2020k:1–4).
36 Sien my kritiek van hiperspesialisasie in die eietydse wetenskapsbegrip (Beukes 2020j:271–7).
37 Die gevierde Duitse skolastieknavorser van die 20ste eeu Martin Grabmann (1957:I:148–76) sluit Augustinus byvoorbeeld uit van die Middeleeuse korpus, posisioneer hom streng binne die laat patristiek, en gebruik Boethius as inleidingsfiguur tot sy enorme geskiedskrywing van Middeleeuse filosofie in die algemeen en die vroeë skolastiekgeskiedenis in die besonder.
38 Sien vir so ’n verantwoorde interne periodisering van Middeleeuse filosofie wat Augustinus wel uitdruklik insluit (met betrekking tot die post-Romeinse [410–742], Karolingiese [742–877], post-Karolingiese [877–1088], vroegskolastiese [1088–1225], hoogskolastiese [1225–1349] en postskolastiese [1349–1464] periodes), Beukes (2020a:I:12–14); vgl. Beukes (2020e:1–2) oor die aard en aansprake van die postskolastiese periode as sodanig.
39 Dit sou latere denkers soos Lorenzo de Medici (d. 1492), Ermolao Barbaro (d. 1493), Giovanni Pico della Mirandola (d. 1494), Pietro Pomponazzi (d. 1525), Thomas More (d. 1535) en Desiderius Erasmus (d. 1536) insluit.
40 In Middeleeuse navorsing word die Arabiese en Joodse invloede normaalweg niepejoratief saam onder die rubriek van “Arabiese filosofie” hanteer, op grond van die geografiese en taalgenootlike verbintenisse tussen Arabies, Hebreeus en Aramees, asook ’n oorwegend Neoplatoniese samehang. Daarbenewens het die Joodse denkers van die Middeleeue, op enkele noemenswaardige uitsonderinge na (veral met verwysing na Moses Maimonides en die latere Gersonides [Levi ben Gershom, 1288–1344] en Hasdai Crescas [ca. 1340–1410]), in Arabies en Latyn geskryf, en nie in Hebreeus nie.
41 Sien Beukes (2019d:2–4). In ’n onlangse tweevolume-inleidingswerk (Beukes 2020a, volumes I en II) word byvoorbeeld 145 Middeleeuse denkers kronologies aan bod gebring, van wie ruim 50 as minder bekend en ongeveer 60 (buite hulle betrokke spesialisdomeine) selfs as totaal onbekend aangedui kan word. ’n Ander betreklik onlangse voorbeeld van sodanige verruiming van die kanon is Gillian Evans (2002) se Fifty key medieval thinkers, waarin nie net die “gekanoniseerde” denkers bespreek word nie, maar ook minderbekende en – weer buite die betrokke navorsingsnisse – werklik onbekende denkers, onder wie Paschasius Radbertus (ca. 790–860), Hincmar van Reims (ca. 806–882), Remigius van Auxerre (ca. 841–ca.908), Berengar van Turyn (ca. 1010–1088), Adelardus van Bath (ca. 1080–ca.1152), Ivo van Chartres (ca. 1040–1115), Rupert van Deutz (ca. 1075 – ca. 1130), Anselmus van Havelberg (ca. 1100 – ca. 1158), Joachim van Fiore (ca. 1135–1202) en Baldus van Ubaldis (ca. 1319–1400). Hierby kan minstens ook Gracia en Noone (reds. 2006) se A companion to philosophy in the Middle Ages, Lagerlund (red. 2011) se omvangryke Encyclopedia of medieval philosophy en Pasnau en Van Dyke (reds. 2010a, 2010b) se tweevolume-redaksiewerk The Cambridge history of medieval philosophy gevoeg word. In al hierdie werke word die “kanon” in Middeleeuse filosofie uitdruklik teengegaan en word grondig aandag aan die onderbeskrewe denkers gegee.
42 Met Oriëntalisme word op Edward Said (1935–2003) se spoor (vgl. Said 1979:201–25) bedoel die opstelling van ’n “Oosterse” Ander ter bestendiging van ’n Westerse Self, of, skerper gestel, die postulering van ’n wesenlike ongelykheid tussen ’n meerderwaardige Westerse Self en ’n ondergeskikte “Oosterse” Ander (sien Beukes 2019:115–6; vgl. Beukes 2021m:147–81).
43 Vergelyk byvoorbeeld die eerste en trouens manjifieke vertaling in 2012 van Alkindi, die “eerste Arabiese filosoof”, soos sy eerste Westers-moderne navorser, V.G. Flügel (1857:1), hom beskryf het, se werke uit Arabies in Engels op grond van 24 redaksionele temas deur Adamson en Pormann (reds. en verts. 2012:3–338).
44 Sien twee betreklik onlangse artikels (Beukes 2018a en 2018b) waarin sodanige eietydse oorsigwerke wat die Arabies-Joodse denkers naatloos langs die Latyns-Westerse denkers insluit, omvattend bespreek word.
45 Sien Beukes (2020d:1–12). Vergelyk daarby Krüger (vert. en komm. 2003) se uitstekende vertaling in Afrikaans van Ruusbroec se Die geestelike brulocht, in Duister stilte en wilde woestyn – Die mistiek van Jan van Ruusbroec (1293–1381).
46 Vir ’n onlangse oorsig van Pseudo-Dionisius se invloedryke tekstuele nalatenskap, sien Beukes (2018a:1–9).
47 Sien Beukes (2021l:206–7).
48 Sien Beukes (2021i:1–13). Eriugena was die eerste Latynse vertaler van Dionisius se volledige oeuvre uit Grieks. Sy Periphyseon, ’n werk wat in 1210 finaal veroordeel en in die 17de eeu op die Indeks van Verbode Werkegeplaas is (inderdaad tot in 1963) op grond van wat beskou is as die ondermynende panteïsme daarvan, bestaan uit vyf volumes, wat nou (in 2022) uiteindelik volledig geredigeer en vertaal is.
49 Sien Beukes (2021l:207–9; vgl. Beukes 2020f:5–7). Richard was ’n Skot wat die klooster van Hugo (sien Beukes 2020j:265–70) te Saint-Viktor buite Parys in die middel-1140’s, na Hugo se dood in 1141, betree het.
50 Vir onlangse ontledings van die mistieke tekste van die mees uitstaande vroulike denkers in die sentrale en latere Middeleeue, sien Beukes (2019b:64–102) oor Hildegard von Bingen, 1098–1179; (2019c:1–8) oor Mechtild von Magdeburg, ca. 1207–1282; (2020c:204–29) oor Marguerite Porete, 1250–1310; (2020f:1–10) oor Hadewijch van Antwerpen, fl. 1240; (2020h:1–11) oor Juliana van Norwich, 1342 – ca. 1416; (2020i:1–12) oor Birgitta Birgersdotter, 1302/3–1373; (2021g:1–9) oor Katharina van Siëna, 1347–1380; en (2021j:1–10) oor Herrada Landsbergensis, ca. 1130–1191. Sien daarby Beukes (2019e:1–12) vir ’n bespreking van die “eerste vroulike filosoof vanuit die Middeleeue”, Héloïse d’Argenteuil, ca. 1100–1164. Vir ’n meer algemene inleiding tot die vroulike mistici se bydrae tot die filosofiese diskoers van die sentrale Middeleeue, sien Beukes (2021l:200–26).
51 Feministiese lesings het oor die afgelope vyf dekades betekenisvol daartoe bygedra om die interpretasiemoontlikhede van gemarginaliseerde Middeleeuse tekste (geskryf nie net deur vroue nie, maar deur alle slagoffers van die meedoënlose patriargie in die Middeleeue – juis ook mans) te verruim. ’n Eietydse herwinning van die versweë of ten minste onderbeskrewe stemme uit die Middeleeue (soos in Beukes 2020a, volumes I en II en Evans 2002) is grondig afhanklik van hierdie soort lesings, aangebied deur ouer vakgenote soos Caroline Walker Bynum (1984, 1987), Elisabeth Gössmann (1988:40–3) en Grace Jantzen (1994:186–206).
52 Sien Beukes (2020e:7–11).
Lees Deel 2 van die artikel hier:
- Die fokusprent deur Cloete Breytenbach by hierdie artikel is geneem uit die Open Library-publikasie van Ernst Wolff se Martin Versfeld: A South African philosopher in dark times. Leuven, Leuven University Press. (CC BY-NC-ND 4.0) – beskikbaar vir persoonlike en nie-kommersiële gebruik ingevolge die Creative Commons-lisensievoorwaardes.
LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.
The post Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 1 appeared first on LitNet.