Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 795

LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe): Stylriglyne

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief die volgende voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies, aangesien enige afwykings daarvan die hele proses vanaf keuring tot redigering en oplaai op die webtuiste aansienlik vertraag en bemoeilik. Indien daar wel om uitsonderlike redes van die riglyne afgewyk moet word, moet sulke redes asseblief skriftelik aan die redaksie verskaf word. Baie dankie.

Die kontrolevorm wat op LitNet Akademies se webblad beskikbaar is, moet ingevul, onderteken en saam met die artikel voorgelê word.

Ons moedig graag navorsers aan om, waar dit verrykend ten opsigte van die artikel kan wees, die multimedia-aard van die tydskrif in ag te neem en gepaste klank en/of visuele skakels voor te stel.

Klik hier om toegang te kry tot "Gespierde Afrikaans" waar ons voorstelle gee vir beter Afrikaanse alternatiewe vir woorde en uitdrukkings wat algemeen verkeerd gebruik word.

Help ons gerus om hierdie lys uit te brei deur voorstelle te e-pos aan akademies@litnet.co.za. Ons sal sinvolle voorstelle plaas.

TAALMEDIUM

Bydraes moet in Afrikaans wees.


PLASING

  • Hoogstens twee artikels per skrywer per kalenderjaar kwalifiseer vir die R9 000 navorsingsgeld wat deur LitNet Akademies direk aan die skrywer(s) betaal word.
  • Die publikasiedatum van ’n artikel berus by die redaksie, wat sal poog om finale weergawes van gekeurde artikels so spoedig moontlik te plaas.


AFRIKAANSE OPSOMMING
 

Die artikel moet vergesel wees van ’n Afrikaanse opsomming van hoogstens 300 woorde. Die opsomming moet die volgende inligting bevat: die doel/navorsingsvraag, teoretiese raamwerk/vertrekpunt, die metodiek en die bevindings. Die opsomming moet nie bloot ’n herhaling van die inleiding wees nie.


UITGEBREIDE ENGELSE OPSOMMING (“ABSTRACT”)

’n Engelse opsomming van ongeveer 1 000 tot 1 500 woorde sal aangevra word wanneer ’n artikel vir publikasie aanvaar word. Dit is dus nie nodig om hierdie abstract reeds saam met die aanvanklike voorlegging in te dien nie.

Verskaf asseblief ook ’n Engelse titel vir die artikel.

 
TREFWOORDE (“KEYWORDS”)

Verskaf asseblief toepaslike Afrikaanse en Engelse trefwoorde (keywords) vir die artikel.  

 
LENGTE

Daar is geen lengtebeperking op artikels nie, maar ons beveel ’n minimumlengte van 7 000 woorde en ’n maksimumlengte van 20 000 woorde aan.

KRITERIA BY BEOORDELING

Hou asseblief in gedagte dat keurders by die beoordeling van artikels op onder andere die volgende let:

  • of die doel van die artikel duidelik geformuleer is
  • of die aard van die artikel (bv. navorsingsverslag/beskouing/oorsig) duidelik gestel is
  • opbou van die betoog
  • benutting, interpretasie en integrasie van primêre en sekondêre bronne oor die betrokke onderwerp
  • teoretiese gevorderdheid
  • oorspronklikheid van blik op die onderliggende problematiek
  • wesenlikheid van bydrae tot vakgebied
  • gehalte van tegniese en taalkundige versorging
  • voldoening aan stylriglyne
  • toepaslikheid van illustrasies/grafieke/tabelle.

VOORLEGGING

  • Slegs elektroniese voorleggings (insluitend grafika of foto’s) word aanvaar, maar nie in PDF-formaat nie.
  • Digitale grafika en foto’s moet asseblief ook, benewens binne die liggaam van die artikel, afsonderlik in JPEG- of PDF-formaat ingestuur word.
  • ’n Artikel (of ’n wesenlike gedeelte daarvan) wat aan LitNet Akademies voorgelê word, mag nie elders óf onder oorweging óf reeds gepubliseer wees nie (dit sluit vertalings en plasing op LitNet se SeminaarKamer in).
  • ’n Kort biografie (nie langer as 300 woorde nie) en ’n foto van die skrywer in JPEG- of ’n soortgelyke formaat moet die voorlegging vergesel.
  • Artikels moet behoorlik, en tot in die fynste besonderhede, taalkundig en tegnies versorg en volgens die stylriglyne geformateer wees.
  • Dit is die plig van die skrywer om kopieregklaring/oordrukregte vir die gebruik van illustrasiemateriaal te verkry indien nodig.
  • Kopiereg van die artikels berus by die skrywers. Indien ’n artikel, of ’n verwerkte vorm daarvan, later ook elders gepubliseer word, sal ’n erkenning aan LitNet Akademies waardeer word.

FORMATERING

  • Stuur asseblief alle tekste in Verdana 10-punt.
  • Tekste moet linksgerig (left-aligned) wees.
  • Begin paragrawe teenaan die linkerkantlyn (dit wil sê nie met die eerste reël ingekeep nie), en skei paragrawe met ’n enkele oop reël.
  • Gebruik enkelspasiëring, en laat ook net een spasie na die einde van ’n sin.
  • Die laaiproses word aansienlik vergemaklik as skrywers oop reëls tussen paragrawe skep deur eenvoudig “Enter” twee keer te druk, en nie deur vooraf die paragraafspasiëring via die Formateer (Format) > Paragraaf (Paragraph) > Spasiëring (Spacing)-bevele te stel nie – verseker dus asseblief dat Spasiëring (Spacing) > Voor (Before) en Spasiëring (Spacing) > Na (After) albei op 0 gestel is voordat u begin.
  • Skrywers moet ook nie opskrifte met bevele soos Opskrif 1 (Heading 1), Opskrif 2 (Heading 2), ensovoorts formateer nie, maar moet eenvoudig “Enter” twee druk om ’n spasie tussen die betrokke opskrif en die teks wat volg, te verkry.
  • Grafika moet van onderskrifte voorsien word.

OPSKRIFTE

1. Hoofopskrifte - Kleinletters en vetdruk.

1.1 Subopskrifte - Kleinletters, kursief en vetdruk.

1.1.1 Sub-subopskrifte - Kleinletters, kursief, geen vetdruk nie.

Let wel:

  • Opskrifte moet genommer word.
  • Daar is geen punte na opskrifte nie.
  • Laat ’n eenreël-spasie tussen opskrif en teks.

AANHALINGS

  • Gebruik dubbelaanhalingstekens (enkelaanhalingstekens slegs binne aanhalings).
  • Aanhalings moet nie gekursiveer word nie.
  • Aanhalings van vier reëls en langer mag “geblok” en ingekeep word, met ’n eenreël-spasie voor en na die aanhaling, en sonder aanhalingstekens.
  • Sluit ’n ingekeepte aanhaling volledig met die nodige/betrokke leesteken af en verskaf dan die bronverwysing onmiddellik daarna tussen hakies, sonder ’n punt binne die hakies.

VERWYSINGS

Volg in die algemeen asseblief die Harvard-metode, en meer bepaald soos hier onder illustratief vir verskillende soorte bronne uiteengesit. Let asseblief baie noukeurig op interpunksie.

1. Bibliografie

Let wel: Nie “Bronne”, “Verwysings”, ens. nie.) Maak asseblief seker dat elke verwysing in die teks in die bibliografie verteenwoordig word.
  • Waar daar ’n bron met meer as een skrywer in die bibliografie voorkom, kom net die eerste skrywer se voorletters ná sy/haar van; by die res van die skrywers kom die voorletters vóór die van.
  • By die titels van bronne word ’n hoofletter slegs by die eerste woord gebruik, nie by alle hoofwoorde nie.
  • Teleskopeer bladsynommers, byvoorbeeld: 198–9 in plaas van 198–199; 20–1 in plaas van 20–21. Gebruik ’n en-lyn (wat o.a. in Word by Voeg in [Insert] > Simbool [Symbol] beskikbaar is), nie ’n koppelteken nie.
  • Laat ’n oop reël tussen inskrywings.
  • In die geval van Engelse publikasies moet alle besonderhede wat in Afrikaans kán verskyn, wel in Afrikaans aangegee word, byvoorbeeld:

    Kaapstad in plaas van Cape Town; Londen in plaas van London; en in plaas van and; (red.) in plaas van (ed.). 

    Name van uitgewerye word egter nie in Afrikaans vertaal nie, behalwe waar ’n bepaalde uitgewery wel ook amptelik onder ’n Afrikaanse naam bekend is (bv. ABC-uitgewers naas ABC Publishers).

  • Dui die name van al die publikasieplekke (-stede) in die bron aan, byvoorbeeld:

          Londen, New York: Macmillan.

Let wel:

  • Waar twee of meer bronne van dieselfde skrywer aangegee word, word hulle chronologies van die oudste na die jongste georden:

    Krog, A. 1995. Relaas van ’n moord. Kaapstad: Tafelberg.

    —. 1998. Country of my skull. Johannesburg: Random House.

    —. 2000. Kleur kom nooit alleen nie. Kaapstad: Kwela.

  • Waar twee of meer publikasies van ‘n bepaalde skrywer wat in dieselfde jaar verskyn het, aangegee word, word hulle met 'n klein a, b ens. onmiddellik na die jaartal, sonder hakies, van mekaar onderskei: 

    Opperman, D. 1986. Môre is ’n lang dag en Die teken. Kaapstad: Tafelberg. 

    —. 1996a. Donkerland. Kaapstad: Tafelberg. 

    —. 1996b. Dankie aan die ATKV se Kampustoneel. Beeld, 24 September, bl. 3.

  • Waar werke aangegee word van 'n skrywer wat (i) die alleenskrywer is, en (ii) 'n redakteur/-samesteller is, en/of (iii) 'n medeskrywer is wie se naam eerste verskyn, verskyn die inskrywings in die volgorde waarin hulle pas hier genoem is:

    Van Rensburg, M.C.J. 1980. Fasette van die studie van Niestandaardafrikaans. Taalfasette, 27(2):71–98.

    Van Rensburg, M.C.J. (red.). 1987. Die Afrikaans van die Richtersveld. Pretoria: RGN.

    Van Rensburg, M.C.J., L.T. du Plessis en A.H. Klopper. 1989. 'n Verkenning van Afrikaans: Gister. Bloemfontein: Patmos.

1.1 Boeke

De Villiers, E. 2007. Die bewesiekte. Pretoria: Lapa-uitgewers.

Heyns, L.M. en H.J.C. Pieterse. 1990. Eerste treë in die praktiese teologie. 2de uitgawe. Pretoria: Gnosis.

Pleij, H. 2000. Het literaire leven in de middeleeuwen. Leiden: Marthinus Nijhoff.

Rousseau, G.S. en R. Porter (reds.). 1980. The ferment of knowledge: Studies in the historiography of eighteenth-century science. Cambridge: Cambridge University Press.

 

1.2 Hoofstukke in boeke

Soos in onderstaande stel voorbeelde geïllustreer, verskyn slegs die naam van die skrywer/redakteur van ’n boek, ’n aanduiding van redakteurskap en die publikasiedatum ná ’n hoofstuktitel. Die volledige besonderhede van die boek verskyn as afsonderlike inskrywing in die bibliografie:

Clark, D. (red.). 1996. The sociology of death: Theory, culture, practice. Oxford: Blackwell Publishers.

Mellor, P. 1996. Death in high modernity: The contemporary presence and absence of death. In Clark (red.) 1996.

Roos, H. (red.). 1990. Lewe met woorde: Opstelle oor die prosa. Kaapstad: Tafelberg.

Venter, L.S. 1990. Enkele chronotopieë in Mahala. In Roos (red.) 1990.

1.3 Verhandelinge/proefskrifte

Oosthuizen, W.J. 1964. Die wet van opvolging van begripsoorte in bywoordreekse in Afrikaans.Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Let wel:

Die titels van verhandelinge/proefskrifte word nie gekursiveer nie.

 

1.4 Vaktydskrifartikels, tydskrifartikels en koerantartikels

Spies, L. 2006. Die poësie van Elisabeth Eybers: ’n Digterskap van sewentig jaar. Tydskrif vir Letterkunde, 43(2):57–78.

Smith, K. 2006. Unruly bodies: Death, discourse and the limits of representation. Critical Quarterly, 48(3):61–80.

Van Rooyen, I. 2009. Woordwerker 70. De Kat, September/Oktober, ble. 29–31.

Bezuidenhout, A. 2009. Koos Kombuis kyk terug op rockrebellie. Die Burger, 9 November, bl. 9.

Let wel:

  • In die bibliografie word titels van artikels, hoofstukke, kortverhale en gedigte nie tussen aanhalingstekens geplaas nie.
  • Waar ’n artikel in druk én ook op die internet beskikbaar is, en die skrywer albei soorte bronne wil aangee, kan dit gedoen word deur eers die bron se volledige drukbesonderhede te verskaf en dan die bronadres (URL). Indien die skrywer die internetbron geraadpleeg het, volg “[datum] geraadpleeg” tussen hakies daarna, met ’n punt ná die sluithakie, soos in die voorbeeld in 1.6 hier onder.

 

1.5 Argivale bronne

Omdat argivale bronne so uiteenlopend is, word skrywers na die artikel  “How to Cite Archival Sources”, http://www.lib.mtu.edu/mtuarchives/Brochure-CitingArchivalSources.pdf verwys vir riglyne. Die riglyne kan ook hier in PDF-formaat afgelaai word. Wees dan net asseblief so konsekwent as moontlik wat betref die vorm waarin die besonderhede aangebied word.

Sien asseblief die bibliografie by Hein Viljoen se artikel “Op soek na Leipoldt se oom Gert – ’n studie in historiese resonansies” in LitNet Akademies as voorbeeld: http://www.litnet.co.za/Article/op-soek-na-leipoldt-se-oom-gert-n-studie-in-historiese-resonansies.

1.6 Internetbronne

Botes, Z. 2005. Antjie Krog: Koeël en kalm. LitNet. http://www.oulitnet.co.za/heupvuur/antjie.asp (25 Februarie 2008 geraadpleeg).

In die geval van ’n aanlyn-artikel waarby geen skrywer of datum verskaf word nie:

Amersfoort legacy: Education, freedom and development. South African History Online. http://www.sahistory.org.za/classroom/feature/hiseduc.htm (10 November 2009 geraadpleeg).

Let wel:

Waar meer as een bron deur dieselfde skrywer in die bibliografie verskyn, word by verdere verwysings ’n em-lyn (wat o.a. in Word by Voeg in [Insert] > Simbool [Symbol] beskikbaar is) in plaas van die skrywer se van gebruik. Dit geld egter slegs (i) as die betrokke skrywer se besonderhede identies is aan dié wat voorafgegaan het; (ii) as die naam alleen staan (d.w.s. nie die eerste van ’n lys skrywers is nie); of (iii) as die persoon nie as redakteur of samesteller opgetree het nie. Andersins verskyn die skrywer se besonderhede opnuut volledig:

Krog, A. 1995. Relaas van ’n moord. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1998. Country of my skull. Johannesburg: Random House.

—. 2000. Kleur kom nooit alleen nie. Kaapstad: Kwela.

Maar:

Krog, A. 1970. Dogter van Jefta. Kaapstad: Human & Rousseau.

Krog, A. en A. Schaffer (samests.). 2005. Nuwe stemme 3. Kaapstad: Tafelberg.        


2. Bronverwysings in die teks

  • Na gelang van die konteks is variasies moontlik/nodig, maar die essensie bly: skrywer se van gevolg deur publikasiedatum, sonder ’n komma tussen die skrywer se van en die jaartal.
  • Waar ook ’n bladsyverwysing voorkom, volg ’n dubbelpunt op die jaartal en dan die bladsynommer(s), sonder ’n spasie:

    Smit (2007:45) skryf: "Met hierdie klemverskuiwing is die postmodernisme effektief geherdefinieer."

          "… en met hierdie klemverskuiwing is die postmodernisme effektief geherdefinieer" (Smit 2007:45), sodat ons nie meer kan praat van …"

"… postmodernisme geherdefinieer" (Smit 2007:45).

  • Waar meer as een skrywer betrokke is, word die woord en, nie die ampersand nie, gebruik.
  • Waar drie of meer skrywers betrokke is, word almal se vanne in die teks uitgeskryf wanneer die betrokke bron vir die eerste keer aangegee word. Daarna word slegs die eerste skrywer se van gebruik, gevolg deur “e.a.”

ENKELE ANDER REDAKSIONELE PRAKTYKE EN VOORKEURE

1. Afkortings

  • Al die erkende konvensies soos deur Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2009) voorgeskryf (o.a. die gebruik van punte waar dié as verpligtend aangedui word), moet in LitNet Akademies-artikels gevolg word.
  • Gebruik afkortings verkieslik spaarsaam. LitNet Akademies verkies byvoorbeeld met betrekking tot eerder as m.b.t. Tussen hakies, en veral by korter frases, is afkortings wel in orde, byvoorbeeld:

               (vgl. bv. Hansen 2008)
               (ble. 238 e.v)


2. Sogenaamde selfnoemfunksie by woorde

Wanneer ’n woord of frase gebruik word om na homself te verwys, word dit kursief geskryf, soos byvoorbeeld in:

  • Die woord agaat verkry in hierdie teks …
  • Sedert Kleinboer sy opwagting gemaak het, is kontrei vir baie lesers nie meer maar ’n sinoniem vir geografiese gebied nie …
  • Om metafoor te definieer, is nie so maklik nie. (Teenoor byvoorbeeld: ’n Metafoor is ’n stylvorm wat ...)


3. Betekenisaanduiding

Die betekenis van ’n woord of frase word tussen dubbelaanhalingstekens aangegee, soos byvoorbeeld in:

Donker beteken gewoonlik “afwesigheid van lig”, maar in hierdie gedig …


4. Aandagstreep teenoor koppelteken

Tussen datums, bladsynommers e.d.m. word nie ’n koppelteken nie, maar ’n aandagstreep (en-lyn, o.a. in Word by Voeg in [Insert] > Simbool [Symbol] beskikbaar).

Dus: 1969–70, nie 1969-70 nie.


5. Eindnotas teenoor voetnote

  • Die internetformaat van LitNet Akademies vereis dat daar slegs van eindnotas gebruik gemaak kan word.
  • ’n Eindnotasyfer volg onmiddellik op ’n leesteken, nie omgekeerd nie; dus

    "... verantwoordelik,1 maar aan die ander kant …"

    nie

    "... verantwoordelik1, maar aan die ander kant …"

    nie.


6. Drie stylsake

6.1 Germaans teenoor Klassiek

Die redaksie van LitNet Akademies wil graag die Germaanse karakter van Afrikaans probeer bevorder en bewaar. Skrywers word dus vriendelik versoek om, waar moontlik, voorkeur aan Germaanse bo Klassieke woorde te gee; dus byvoorbeeld ontleed eerder as analiseer; vasberade eerder as gedetermineerd. Ons herhaal graag: dit is bloot ’n redaksionele voorkeur, nie ’n voorskrif nie. Klik hier vir LitNet se lys Gespierde Afrikaans.

6.2 Oortollige frases

Vermy asseblief die gebruik van frases soos ek dink, myns insiens en na my mening as aanlope tot stellings. Benewens die ooglopende feit dat ’n skrywer immers nie die daaropvolgende stelling sou maak indien dit nié sy/haar mening is nie, kan die herhaalde gebruik van sulke frases hinderlik raak. Ironies genoeg werk die gebruik van dié frases boonop nie ’n aanduiding van die skrywer se beskeidenheid in die hand nie (vermoedelik gedeeltelik die doel daarmee), maar juis eerder die teenoorgestelde.

6.3 Eerste versus derde persoon

  • Die gebruik van die eerste persoon word verkies. Skryf eerder “Ek het in 2009 op ’n artikel afgekom wat my navorsing ’n hupstoot gegee het” as “Hierdie navorser het in 2009 op ’n artikel afgekom wat haar navorsing ’n hupstoot gegee het”.
  • Terselfdertyd moet eerstepersoonsvorme oordeelkundig gebruik word: beperk die gebruik daarvan tot stellings waarmee u spesifiek u eie aandeel wil beklemtoon, byvoorbeeld waar u ’n persoonlike uitspraak lewer of oor ’n persoonlike episode of eksperiment verslag doen. Die lydende vorm kan soms gebruik word om te veel eerstepersoonsvorme te vermy, maar nie ten koste van vlotheid en duidelikheid nie.
  • Waar slegs een skrywer betrokke is of ’n skrywer nie spesifiek namens ’n span skryf of verslag doen nie, is die woord ons (om my uit beskeidenheid te probeer vermy) onvanpas.
  • Konsekwentheid is belangrik: eerste- en derdepersoonsvorme moet nie in ’n artikel vermeng word nie.

 

The post LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe): Stylriglyne appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 795

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!